dagse manne, ek het die naweek my kunsaas by die h

bekkerian

Senior Member
dagse manne, ek het die naweek my kunsaas by die huis gelos en gaan karp vang op die ou manier. dis n klein privaat plaas dammetjie, wat ek gedink het net babers in het, ek het vrydag n klein voerplekkie gemaak, en saterdag oggend 8:00 lyne in die water gehad. ek het seker 5 groot visse verloor agv ou stroppies wat breek, 2 hoeke wat oop trek en onderwater struktuur.

ek het die oukie, my grootste karp sover gevang met n BG floatie, my skaal het gese 11kg, maar weet nie hoe akkuraat dit is nie, kan meer of minder wees...??

30k4zdh.jpg


avhm3a.jpg


2lc2nmd.jpg


en dan het ek ook die vlei kurper gevang met n ertwurm, grootste een van seker 10 wat gevang het terwyl ek wag dat die karpe moet byt.

wbdzk5.jpg
 

Brakkanjan

Senior Member
Great stuff! Ek dink daardie karp kan maklik by die 11 kg draai. Ek sien jy het hom teen jou lyf gedruk en nie vooruit gebring soos party hengelaars doen nie, dan lyk selfs klein vis massive.

Mooi kurper ook! Baie geluk en mag jy gerus meer konvensionele hengel beoefen ;)
 

Jaco_Jaco

New member
Baie mooi !!! Stunning dammetjie en nice kurper ook !

Die gewig is moeilik om te sê maar 11kg rond lyk moontlik...tensy jy size 3 skoene dra !

 

 

 
 

NAAS

New member
Very nice vis...die gewig gaan ek maar aan die meer geleerde oe oorlaat....maar daai kurper is interresant ....ek dink persoonlik dit is 'n blue gill en nie 'n vleikurper nie....nice fishing
 
Top