
Hi almal
Ek het nou eers krag gekry om te skryf na die rofste visvang trip ooit Dis nou weersgewys.
Die storm met gepaarde orkaan wind en bliksem strale het my omtrent vir twee dae in die bome ingewaai ,een moment het ek gedink ek en my Gazibo gaan opstyg,gelukkig was ons te swaar.
Baie dankie Rob,Riaan,Rudolf en Dirk vir die uitnodiging en saam hengel julle is puik ouens om mee saam te hengel, dit was alreeds die moeite werd net om saam sulke goeie geselskap te wees.
My visvang was vir my was n nagmerrie kon nie eers ordentlik die ase inkry nie maar mens moet maar saamleef met die natuurelemente en aanpas en ook weer lesse geleer met storms. Ek het seker die mooiste hoender kuiken ase aangehad maar Baber wou nie daaraan raak nie ,ek dink die otter het een van hulle opgevreet want die volgende dag was daar net vel aan die hoek.
Ons dag sal kom wat die visse vir ons iets sal teruggee miskien in die vorm van n rekord,maar net positief bly en aanhou en aanhou en aanhou. Dit is visvang eendag goed ander dag swak, dit bring mens altyd aarde toe en mens moet eintlik net dankbaar wees dat ons ten minste nog kan visvang,braai,gesels,kuier.
Rob congrats with your catfish between the caos thats n nice fish en dan Dirk, mooi man jy kan as jy wil hou so aan.