Cannon Rocks

inkvis

New member
My wife and I are going to Cannon rocks at the end of September for a few days and I would like to do some fishing there. I have not fished conventionally in saltwater with bait for about the last 10 years as I have consentrated more on fly fishing.

Can anyone perhaps shed some light as to what the conditions are like currently at Cannon Rocks this time of year, what fish can be expected, techniques to apply and also what baits are to be used and where it can be obtained in the area? Any input will be much appreciated.
 

xtc

Senior Member
howzit - we spent a weekend there 2/3 weeks back - not knowing the area I did a bit of  searching here on sealine - came across a few threads, one including google pics showing a few spots to try - cant recall if I searched on boknes or cannon rocks though but you should be able to find the threads easy enough - throwing only lures I cant unfortunately help you with bait options but there was a heap of red bait around at cannon rocks, so assuming from that its a worthwhile option - saw a few good black tail and steenies come out - hopefully someone who knows the area well will give you some more detailed info 
 

inkvis

New member
Thanks xtc. I think I have read most posts on Cannon Rocks and Boknes already and have an idea of where to fish. However, I am unsure of what baits are available from any shops in the area and also what species to target this time of year.

Anyway, how did you do on the lures?
 

HP

Senior Member
Hi Inkvis

Ek weet nie of ek links mag plaas nie... admin moet dit maar verwyder as hulle goed dink.
Hier is twee brokkies inligting oor Boknes, dalk kan jy raaklees wat jy soek.

http://wp.me/p2yl0u-eq
http://wp.me/p2yl0u-sV

Ek kan jou ook uihelp met inligting oor Cannon Rocks, ken die area baie goed.

Geniet die area!
 

inkvis

New member
Hi HP,

Vreeslik dankie, dit was nou lekker en insiggewend om dit te lees .

Ons gaan in Cannon Rocks bly amper op die strand, so enige raad vir CR sal ook baie waardeer word. Ek wou nog altyd 'n groot kraker vang en sal defnitief bietjie kyk om 'n armadillo of twee in die hande te kry. Is dit die regte tyd van die jaar vir kraker daar, want ek onthou dat die bulle in die Suid-Kaap redelik seisonaal is..?
 

HP

Senior Member
Dis n groot plesier Inkvis...

Ja dit is n goeie tyd van die jaar, beste tyd is natuurlik somer, maar hulle is alreeds meer aktief van lente af, alhoewel hulle heel jaar gevang kan word.

As ek vir jou n bietjie advies kan gee, wanneer jy in die oggend opstaan, maak jou oë toe en luister, as jy daai harde DOEF! hoor van die branders wat breek, los maar die mosselkraker teiken. n Konstante water temperatuur, nie te koud nie, en n kleiner swell vir so dag of wat en jy gaan lekker hengel vir hulle.

Ek is besig om n stukkie oor Cannon Rocks bymekaar te sit, sal vir jou laat weet sodra klaar.

Los maar n paar van die krakers vir ons ook ;) Die vang is in elkgeval 100% van die genot.
 

inkvis

New member
Good stuff, baie dankie! Ek het absoluut geen begeerte om 'n kraker gaar te maak nie. Ek is mal oor die smaak van vars vis, maar ek kies die wat ek hou baie versigtig en 'n mosselkraker is nie een van hulle nie. Ek geniet eintlik maar meer die uitdaging om voor te berei vir 'n spesifieke spesie en dit is ook hoekom ek destyds begin fly fish het. Sal dalk ook maar weer vir my 'n ORI stelletjie kry. Ek wag vir jou verdere info oor CR! Weereens thanks!
 

inkvis

New member
Here,

Ons is 9 dae weg van afry Cannon Rocks toe en die opgewondenheid vreet my op. Ek begin nou al die weervoorspellings dophou om te sien wat die weer vir ons inhou. Ek weet mens kan by die see eintlik nooit so lank voor die tyd verwag dat die weer sommer dieselfde gaan wees as wat voorspel word nie, maar nou ja, soos ek gesê het is ek baie opgewonde.

ek sien daar waai omtrent elke dag 'n windjie wat wissel van SSW tot WSW en dit wissel van 12km/h na so 30km/h met "gusts" wat wissel van 23km/h na 56km/h.. klink woes..

Is daar dalk een van julle wat vir my 'n aanduiding kan gee van wat as "aanvaarbare" wind beskou word in dié area? Vir visvang natuurlik, nie vir tan nie!!
 
Top