Bushveld Bassing

Bigmouth

Senior Member
Goeie more manne!

Ek en AvdW het 'n dag trippie gereel vir Vrydag na een van sy spots anderkant Warmbad (as Andre wil kan hy se waar dit was) Ek wil nie noem waar dit was nie want dit is 'n ongeloofloke mooi spot en hoe minder mense daar kom hoe beter.

Vrydag oggend vroeg het ek my fishing buddies gaan optel en ons het deurgeskiet Warmbad se kant toe. Daar aangekom was ek so opgewonde dat ek net die lyne in die water wou kry so gou moontlik.

Ons het dadelik begin met topwater baits en ongelukkig niks gevang nie. Ons besluit toe om die oewer so bietjie te werk na die wal se kant toe. Ook niks nie.

Ons het begin worry want mens kan die visse sien draai maar hull wil nie byt nie. Daar het ook 'n koue vront oorbeweeg en ons het gedink dit is die oorsaak van ons min sukses.

Toe gebeur dit, Marko kom aangeloop na my kant toe en vertel my net hoe hierdie M*&^rse vis hom nou net afgebreek het. Ons almal stap toe nader na daai spot toe en begin hengel.

Ons het 4 baie mooi vis in 'n kwessie van 30 minute gevang toe raak dit weer stil. Marko het later weer 'n baie mooi bass gevang naby waar die karre gestaan het en ek het 'n mooi bulletjie gevang laat in die middag op 'n swart horny toad. Andre het ook later 'n mooi 2kg karp gevang op erdwurm.

All in all was die fishing maar tough en ek het Saterdag besef hoekom, die weer was maar sleg en dit was noggal koud.

Ek wil net weereens vir AvdW (Andre) baie dankie se vir die geleentheid wat hy ons gegee het om so 'n pragtige dam te kon vis, dit was stunning.
 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    59 KB · Views: 66
EINA, to see such nice water and structure is sort of ouch, anyhows, nice fish caught there, even more so as you still managed to get some nice fish in the carpy weather
 
Top