Dag hengelaars en vissermanne,
Ek wil graag iets weet. Wie van julle was onlangs by een van die plekke gewees? Sal graag wil hoor wat julle opinie is en watter een julle verkies. Het al so baie gerugte en stories gehoor van mense wat daar gaan hengel het en dat hulle beroof is.
Dan is daar ook die stories van baie gras in die water. Ek sien ook dat watersport daar beoefen word. Is die bote en "Jetski's" nie 'n groot probleem nie. My logika sê dit moet die vis afsit.
Wil gaan kyk hoe lyk dit daar en het 2 klein kinders wat ek wil saam vat, maar is nie bereid om hulle veiligheid in gevaar te stel as daar 'n groot probleem is met diefstal nie.
Het ook op van die forums gelees van ouens wat al baie keer niks daar gevang het nie. Is daar ooit nog vis in die dam?
Enige terugvoer sal baie welkom wees!!!