Bronkhorspruit dam

Carp Strike

New member
Hello julle.

Wil net bietjie by julle hoor hoe lyk die dinge daar by bronkies deesdae. Ek vang gewoonlik by rodekoppies maar met al die reen het harties klinp gemors water daar in gespoel en bronkies is net so 50 kilos van my huis af so wil graag bietjie daar by die natuur resevaat gaan vang.

Hoeveel vis trek julle daar deesdae uit en watse dips en afstand kom die vis uit?
Dankie!
 

Cruden

New member
Middag,

Was laas Vrydag daar en oorgeslaap.

karpies kom mooi uit maar klein. dam tempo is goed en hulle byt reg deur die aand ook.

hengel afstand 90m - 120m dag, aand 40m-50m

alle vrugte geure werk, maar Botter amandel en n mix van kiana en paint het groter vis uitgebring SWD backing.

dam vlak redelik laag.

moeitewerd om te gaan.

Fanks!
 

Carp Strike

New member
Ja was toe daar gewees.

Wat n great trip!
Sondag daar aangekom bote het baie gepla maar maandag en dinsdag was daar geen bote gewees nie. Ons het het oor die 50 karps uitgetrek almal so tussen 1 en 2kg.
Dips was black magic en legend op die bol en aas het ons als probeer maar n SWD het die beste vis gegee tempo was baie goed veral in die aand maksimum van 10 minute wat n stok sal lê. Beveel enige iemand aan om te gaan!
 
Top