Bou van stroppe

PI

Senior Member
Ek wil net uitvind as julle ouens n sekere metode het  om stroppe te bou. Ek let gister aand op in die Oewerhengelaar dat die manne sekere equipment gebruik om stroppe vinniger te bou.  Dit lyk amper soos n hout ruler met kopspelde in op verskillende afmetings.

Watter metodes gebruik julle om stroppe te bou?
 

Brakkanjan

Senior Member
Bou voor die T.V. Bou eers al my hoeklyne, so 50 op 'n slag.

Bou dan die hoofskaglyne met verskillende sinkers.

Laastens sit hulle aanmekaar.

Rustig met die hande en sidecutter, geen fancy goeters nie.
 

Gertus

Senior Member
Vleipadda wrote:
Voor die tv is die beste , of wanneer dit elke 2de saterdag by die werk stil is .

Jip.. ek doen so biekie in die aande .. dan hoef mens nie alles die aand voor die tyd te maak nie ..

Ns. ek  hou van nael klipper en nie sker nie..
 

Brakkanjan

Senior Member
Yes Gertus, ek geniet die side-cutter en nie naelknipper nie, tel net al die klein stukkies lyn op anders is ma kwaai ;)
 

Gertus

Senior Member
Brak.. ja mamma kan moeilik word.. maar dis waarvoor Florence daar is.. sy maak mooi skoon.. LOL
 

Brakkanjan

Senior Member
Jong ek vat klaar een van daai camping deepfreezes saam see toe, daai klein freezer hokkie in die yskas kan net soveel vat, het jy al gesien hoe kwaai kan 'n vroutjie van 1.43 m word? lol

My seuntjie van 3 se lucky packet stokkie met shimano alivio 4000 katrolletjie gaan saam see toe. Hy wil oom en baba-visse vang. Anders gaan ek kyk hoe hoog ek sy kite op die strand kan opstuur met daai stokkie en katrol. Snapswivels is seker van die beste uitvindings ;)
 

PI

Senior Member
Thanks guys, I wanted to build some sort of device out of wood or plastic that will increase the building speed of the stroppe. I will work on a patend and post it.::happyd:
 
Top