Boschkop - 6 & 7 April

Carlq

New member
Op kort kennisgewing het ons Vrydag besluit om die sleepwa weer bietjie oefening te gee. Om die round table is daar besluit om Boschkop toe te gaan. Laat vrydag middag rond geskarrel om seker te maak alles is in - wekkers gestel etctec.

Saterdag 06h15 arriveer ons - met groot oe kyk ons rond om te sien of ons 'n gaping erens kan kry en tot ons verbasing is daar heelwat plekke oop . Met die skoolvakansies ens het ons gemeen die plek gaan uit sy nate bars.

Links of regs kan daar nie besluit word nie - gooi die R5 in die lug - heads links , tails regs - nou ja kop wen altyd en ons is links. Ongelukkig is al die boom ryke area's klaar geneem en ons moes maar doen met die Gazebo. Kampie op en 07h00 is die stokke in die water.

Graskarpe het heeldag gepla - maak nie saak wat op die hoek was nie. Ons het so van 16h00 se kant klein karpies begin uit trek. Die het ons besig gehou tot en met 19h00 en daarna dood se stilte.

Die koue het ook natuurlik verwoed in gekom en ons vinnig tente toe gestuur.

Die jong manne het maar besluit om langer te hengel en ja die Brannefien en Coke het hulle 'n bietjie brawer as ons gemaak. Hierso by 3 uur die oggend was daar 'n redelike geskarrel to die alarmpies afgaan en die  BC span trek toe so 5 kilo enetjie uit. Almal gelukkig.

Sondag het ons maar vroeg begin hengel siende ons so 14h00 wil huis toe .

Net om die mense gerus te stel - Steyn het wondere verrig met die veiligheid daar. Ons het SAPS gereeld gesien wat die plek patrolleer - gedurende die nag ook.

So Boschkop sal maar my breakaway plekkie bly.
 

Attachments

  • 2013-04-06 18.05.01.jpg
    2013-04-06 18.05.01.jpg
    28.4 KB · Views: 178
Top