Brakkanjan
Senior Member
Boschkop Vaaldam 4 Desember 2012
Ek het die voorreg gehad om saam met die Hol en Katrol Sosiale Hengelklub te gaan vang.
Ek en pel Joseph vat die kinders saam, want hulle moet ook uitkom as hulle die geleentheid kry. Dit maak jou hengel soms bietjie stadig-Maar dis ‘n great gesins-outing.
Toe die hekke oopgaan 06:00 toe move ons in, die tou was lekker lank.
Die dag het so verloop:
07:00 blaas die hooter en ek gooi my twee stoke in, kry Thinus se twee reg. Die man hou my bietjie besig en ek sit pitte op sy stok-Muddy red en Juana. Later kry hy een HELSE trek op Muddy Red Pitte van Supercast met n dik streep plakker en ‘n strepie TCP. Ek het vasgemaak maar daar was niks op nie-Sorry Tienkie.
Ek vang 11 visse, waarvan een so klein is dat hy deur my net se gate kom en weeg 10 vis wat by die 2.7 kg is.
Voer: Ek het terug gegaan na die voer waarmee ek lank gehengel het: The Original grof en fyn gemeng. (Plain)
Hoekaas: 6 van die vis is gevang op Slangwurms. Die res op ‘n Plain Soet degie met Pink Sweets of almond floatie. My buurman by die huis was ook daar en het my ‘n sakkie deeg geborg-Dis seker die 3e of 4e outing wat ek die goed in die yskas vergeet.
Stroppe: Rietvlei 1 of 1.5 mushroom sinker. Ek het die vd Merwe hoeke van Stevenson op my stroppe. (Dankie Hennie!)
Geure wat vir my vis gegee het:
Hol en Katrol se manne en dames was baie vriendelik met ons, die mense is baie rustig en almal geniet hengel. Wat ‘n great ervaring saam met ‘n Sosiale klub.
Dankie vir die great dag Marius (voorsitter) , Joseph en span.
Kyk hoe mooi is die water: Was met tye doodstil en geen wind. Baie Baie warm

- X-Factor Red / TCP [/*]
- Almond / Looti [/*]
- X-Factor Red / Pink Sweets [/*]
- Banjo / Vaaldam [/*]
- Legend / Plakker[/*]
Hol en Katrol se manne en dames was baie vriendelik met ons, die mense is baie rustig en almal geniet hengel. Wat ‘n great ervaring saam met ‘n Sosiale klub.
Dankie vir die great dag Marius (voorsitter) , Joseph en span.
Kyk hoe mooi is die water: Was met tye doodstil en geen wind. Baie Baie warm
8vt Elbe Force met 'n Shimano Alivio 4000 wat ek aan hom gegee het. 6lbs Maxima lyn met 20lbs XX Leader.