Beste manier om te dip?

PV9

Member
Hi almal

Ek het 'n vraag waar oor ek al 'n hele ruk wonder en ook self afwissel.

Wat is nou eintlik die beste?

Moet 'n mens jou bal/voer met doop sous gooi en jou aas plain hou, of is dit beter om jou bal/voer plain te hou en jou aas te doop in 'n sousie?

Of moet 'n mens al twee doop???

 
 
Wat ek doen is om sous op die bol te drup en dit dan te blaas sodat dit goed versprei, dit verhoed dat die sous afwaai tydens die cast.

As ek deeg op die hoeke gebruik hou ek dit plain en doop slegs die bol, maar as ek mielies gebruik sal ek die hoeke ook dip. Soms as die aas styf om die hoek sit sal ek self die hoek se kop effens in die bol druk voor ek cast om te verhoed dat die hoeke rondswaai tydens die gooi. Dit sal ook verseker dat jou hoeke naby die bol bly sodra die bol begin "oplos" op die bodem.
 

PV9

Member
Ek het maar nog altyd met 'n skoon bal gevang en dan met 'n gegeurde float of mielie gevang. Ek druk ook gewoonlik my mielie in die voer bal. Ek het nou ook al gehoor mense meng 'n soet en 'n sterk geur op die bal??? hoe beinvloed bal dip die sukses van gegeurde mielies of floaties?

Jammer vir al die dom vrae. Ek het altyd op die plaas net erdwurms en bruin brood gebruik en dit het gewerk in die plaasdamme en riviere waar net ons gevang het! Maar me al die damme wat nou so gereeld gehengel word is dit nie meer goed genoeg nie, en sal enige raad waardeur wat my kans op goeie vangs kan verbeter!  
 
Top