Barbel fishing

Emile@13

New member
Hi

I stay in Pretoria east and wpold like to do some barbel fishing the weekend,has anyone had any good catches recently and where? Roodeplaat or Bon Accord?

Emile
 

Skuimkop

Sealiner
Emile welkom by Sealine en ek is bly om te sien jou eerste post is hier by die baber seksie, lol.

Jong in my opinie maak die vorige weke/dae se vangste nie meer saak nie na die baie reen wat ons gekry het nie. Ek dink jy gaan by altwee damme nou sukkel omdat daar so baie kosse nou die damme in gespoel het. Altans vir die grooter babers. Platannas, erdwurms, miswurms en sulke tipe baits behoort nou beter te vaar as ander baits. Jy gaan egter nou daai gulsige klein babers vang.

Ek sal ook Dinokeng as venue probeer want hy het nie so sterk rivier (Edenvale) wat sal afkom nie en is dalk nie so maklik beinvloedbaar met kosse wat die damme in spoel soos bv N-Tvl gronde, Hengelaars vriend, Natuur Bewaring en Bon Accord nie. As jy 'n boot het kan jy drift met platannas. Ek glo dit sal jou die beste sukses nou bring. Bon Accord kan dalk in daai opsig die beste opsie wees.

Ps: As jy 'n kontak soek die kant van die berg vir platannas PM my net en ek sal jou verduidelik waar jy kan kry.
 

Emile@13

New member
Ek het toe by siver lakes gaan vang,ons het n paar karpe gevang en n paar groot byte op miswurms gekry,maar kon nie enige babers land nie...

 
 
Top