Baberspan Informasie....asb?

Alex123

Member
Goeie môre Manne,

Ek en 'n vriend (Slukderm) gaan die eerste naweek van Desember 'n draai maak by Baberspan... Ons was nog nooit daar nie so ek "vis" vir informasie asb... Ons gaan hoofsaaklik van die groot babers teiken op aas gedurende die laat middag en aand... Sal so bietjie "artlure" doen deur die dag en in die pan in wade..

Vrae:
*Beste plek om te bly / kamp - Wat is ons opsies? – is nie te veel gepla oor geriewe nie / hoe stiller en wilder, hoe beter…
*Aas vir die groot menere - Platties, viskoppe..?
*Watter spesie sou julle sê jag die groot babers in die pan meeste soos bv. Karp, modderbekke ens..?

Julle insette sal baie waardeer word. (Kry nie baie informasie ivm. Baberspan op die internet nie..)

Groete.

:fishn
 
Hier is ‘n video wat ek gemaak het van Barberspan, dit sal jou ‘n idee gee van die terryn:
https://youtu.be/yiXJ-YhEXSg?list=PLWz93F3eRZhK8AqBl_td5GQ5TwtrQbJF0

Meeste mense kamp langs die water of bly in die hotel daar. Ek was nog nooit in die hotel gewees nie, maar het familie wat gereeld daar oornag en volgens hulle is dit maar gagga.

Ek hou nie van die idee om platannas vir aas te gebruik nie, het dit ook gedoen toe ek jonk en stupid was, maar deesdae dink ek nie dis reg om platannas of ander paddas te gebruik nie. Kunsaas vir my. Jy kan ‘n viskop gebruik en daar is baie karp, moddervis en moggels. Ek dink die babers jag op ‘n kombinasie van die bogenoemde spesies.
 

Alex123

Member
Baie dankie SS,

Ek het al van jou "Drone" footage gesien... veral die geniet van Wolwespruit en Bloemhof dam, dit wat great! Dit gee 'n mens 'n heel ander perspektief van die omgewing.

Kan 'n mens by die "rivier" uitkom as jy by die vakansie oord in gaan?

Ek het gedink vars vleis aas (muddie/karp koppe en fillets) gaan maar die beste wees. Dink jy is definitief reg ivm. die platties, het in elke geval nog net kleintjies met hulle gekry.

Watter aas sou die beste wees vir muddies in die "pan"? (SWD / kariba wurm + muddie kombersie oor die bol)

Baie dankie vir die informasie.

_seal1_
 
Ja, jy kan by die rivier uit kom, maar almal kamp daar so dis baie besig.

Ek vang nie regtig moddervis nie, so het nie kennis om met jou te deel nie.
 

Alex123

Member
Hi SS,

Hoe kry 'n mens 'n moggel aan die lyn? Ek het hulle nog nooit gevang nie, maar hoor daar is redelik baie in die pan.. so ek neem aan die babers sal hulle ook jag.

Dankie.
 
Top