As ek by 'n klub wil aansluit, hoe gaan ek te werk

Fanie, die beste manier sou ek se is om as 'n 'visitor' by een van die lede op Sealine se klubs te gaan hengel en die atmosfeer van die klub te ervaar. Daar is baie klubs wat nie geaffilieer is nie en slegs sosiale byeenkomste en kompetisies het. Die klubs wat geaffilieer is, doen dit om deel te neem aan ligas teen ander klubs wat deur SAFBAF onderskryf word.
Tweedens, klubs in JHB is of geaffilieer by Gauteng (eintlik suid Gauteng met Vereeniging as "basis") of by Sentraal Gauteng (met JHB klubs as "basis"). Ek is by WesRand polisie hengel klub en ons is besig om te groei. Ons le eerste in die huidige afdeling van ons liga en is by Gauteng geaffilieer.
Hier is die sekretaresse van Gauteng se kontak besonderhede as jy wil navraag doen oor ander klubs:
Gauteng Marie Pelser (016) 987-1027 082-925-0548 pelserpro@absamail.co.za Sekretaris
En van Sentraal Gauteng:
Sentraal Gauteng Annetjie Downey (011) 979-2108 (011) 979-2766 082-569-4191 acdowney@mweb.co.za
 

faniedt

Member
Thanks JPS, ek het al 'n paar keer saam my skoonpa se vriend gaan vang saam me hulle klub.  Het dit baie geniet, sal meskien hulle join.

 

Fanie - Gewone conventional/pap-gooit, niks te serious nie.  Sal lank ek iets vang worry ek nie te veel nie, maar wil meer gaan vang en leer.  My laaitie is nou 2 so wil hom een leer.
 

Bruggie

Sealiner
Jy is definitief op die regte pad....ek wil ook aansluit by n club sodat my laatie van kleins af kan leer!!! Maar hy is nou eers 1 en n half jaar oud.
 

bigfish 2

New member
Hi Fanie, het jy reg gekom met n klub om aan te sluit of nie. Sal jy my laat weet asb. As jy nie reg gekom het nie se vir my waar jy bly. Dan kan ek jou laat weet waar daar klubs is. Groete Bigfish 2.
 

faniedt

Member
eish ek was lank terug hier ... ek het toe in April by Avion Hengel Klub aangesluit ... hulle is in Kempton Park ... baie lekker klub en mense
 
Top