Goeie dag Anton
Ek het gedink Loskop is die mooiste dam wat ek ooit gesien het, hoe verkeerd was ek nie!!!! Ons was 'n groep van 12 mense, dames en kinders ingesluit, tussen die kosmaak, kuier en hengel uit op die water was dit moelik om 'n draai te maak. Ons het op die regterkantste oewer gesit, maar het wel agter julle gery saterdag middag toe jy en jou rooi kop vroutjie net jul boot uit die water gehaal het - miskien kan jy die geligde Ford F250 met 'n spul jolende mense agterop onthou.
Almal op die boot het net kurper geteiken, en vrydag was dit maar ry en stop om te sien waar die kurpers vreet. Saterdag het ons gelukkig 'n paar uur op een plek gestaan waar ek tyd gehad het om die hoender/mieliegruis voer uit te sit. Na 'n uur of so se wag het ek die eerste baber van ± 4kg geland, toe 2 in 'n ry tussen die droë bome verloor, en geeindig met 'n mooie van rondom 9kg, toe is ons weer vort. Ongelukkig moes ons sondag oggend terugkeer huis toe. Arabie is welenswaar 'n juweel. Jammer om al die sjinese karp daar te sien, blykbaar 'n probleem wat net gaan vererger. Hoe het jul naweek gevorder?