Aqua Via

Fishnewbie

Senior Member
More Mense,


Ons gaan bietjie Aqua Via toe vroeg November en wil hoor van Baber vang daar, al die posts op SL gaan oor die Karp, ek gaan dit natuurlik ook doen, maar gaan hierdie keer meer aktief Baber hengel ook.

Soos alle Vaal venues, Graskarp, Graskarp kop en Filette sal ek aan neem, maar wat is n goeie feeding strategy in n rivier?

Was laas in Maart se kant daar, en het met Platties getry, maar niks.

Teen hierdie tyd is my bootjie hopelik operational, so ek sal baie kan voer, ons sal seker n kanoe ook he.
 

TimJan

Sealiner
Ek het stories gehoor van GROOT babers by Aqua via.
Was self n paar keer daar en het nog nooit n baber daar gekry nie?
het een keer n voeltjie opgehad wat n run gekry het maar dit is al.

Het een keer vroeg die vrydag daar aangekom toe sien ek n baber net onder die oppervlak swem en ek kan jou verseker dit was n monster. Maar nog nooit een gekry nie.

Later
 

Fishnewbie

Senior Member
Kat bietjie aan die stert beet, hahaha! Roslee is naby Boschkop, Aqua Via is nog verder af regs waar die dam Rivier word. Is op my foon, so kan nie nou google map nie!
 
Top