Aaptwak het dalk Willem se spies laat wikkel - Nuus
http://www.netwerk24.com/nuus/wetenskap/2015-08-15-aaptwak-het-dalk-willem-se-spies-laat-wikkel
’n Ontleding deur ’n Suid-Afrikaanse kundige van tabakpype wat in William Shakespeare se tuin gevind is, dui daarop dat dié Engelse skrywer dalk van tyd tot tyd ’n bietjie aaptwak gerook het.
Volgens ’n studie deur prof. Francis Thackeray van die Universiteit van die Witwatersrand en ’n span plaaslike wetenskaplikes bestaan die moontlikheid dat Shakespeare ’n daggaroker in sy loopbaan was.
Thackeray skryf in die Julie/Augustus 2015-uitgawe van die South African Journal of Science chemiese ontledings op plantoorblyfsels in tabakpype wat in Shakespeare se tuin gevind is, toon spore van dagga in minstens agt van die 24 pype.
Die Shakespeare Geboorteplek-fonds in Stratford-upon-Avon het die pype aan Thackeray geleen. Ultra-moderne tegnologie van die Suid-Afrikaanse polisiediens se dwelmlaboratorium is gebruik om die ontleding te doen.
Bewyse van nikotien en Peruaanse kokaïen is ook in van die pype gevind.
Thackeray het Vrydag by navraag gesê hulle kan nie met sekerheid sê dat Shakespeare self die dagga in die pype gerook het nie. Altesaam vier van die pype met dagga-oorblyfsels is egter by sy huis gekry, en dit dateer uit die vroeë 17de eeu.
“Dit is nie verbasend nie, want mense van daardie tyd het dagga gerook wat van Indië gekom het. Die woord ‘dagga’ het egter verwys na verskillende soorte nikotien en hennep (wilde dagga),†het hy verduidelik.
Hy vermoed dat Shakespeare dalk van die nadelige gevolge van kokaïen bewus was, en dus eerder “papegaaislaai†vir sy “stimulerende eienskappe†verkies het.
Thackeray het Shakespeare se Sonnet 76 uitgesonder as ’n voorbeeld waarin daar moontlik verwysings na daggagebruik is.
doen nou n image search en kyk wat gebeur!
https://www.google.co.za/search?q=willem+wikkel+spies&biw=1366&bih=644&source=lnms&tbm=isch&sa=X&ved=0CAYQ_AUoAWoVChMInpyjodSQyAIVggoaCh3TwgGq
n new age William shakespear!!!!
willem wikkel spies!!!