A picture that needs a story.......

Ryan

Sealiner
Bernard if you would be so kind.......

20hajia.jpg
 

Droomvanger

Senior Member
Sterkfontein se geeltreine! Gevang tydens die Yellowfish Working Group 6-7 maart 2009. So 'n bietjie weggeloop deur die dag om te gaan kyk of dit wat die slim mense sê van die geelvis, die waarheid is. Morne Viljoen het saam weggeloop. Grootste geelvis so amper 3kg. Almal kleinbekgeles. Ek het al my geelvis op Salmo Minnow (sinking) en Hornet No.2 gevang. Natuurlike kleure in die helder water. Geelvis het in skole geswem - en dikwels van diep af boontoe gekom om die lure te vat. Daarom dat sinking beter werk, om dieper in te kom. Medium aksie visstok, sespondlyn op spinning reel. Morne het ook goed gevang met plastic Flukes (groen). Nooit gedink mens sal geelvis op Flukes vang nie (miskien 'n vloekskoot ... lol.)Geelvis op fluke tussen bome gevang, terwyl ons werk vir bass. Daar is baie bass in die dam. Weet nie of dit goeie nuus vir geelvis is nie? Ek dink dit 'n dam wat eerder vir geelvis gesoneer moet wees. Baie karp gesien, maar was moeilik om te vang. Babers was baie skaars. Ander spesies - grootbekgeelvis (nie vollop nie),vleikurper, bluegill, dwergkurper baie skaars, moggel en oranjerivier moddervis, klipbaber (nie gevang - wel rapporte ontvang dat in onwettige gillnets gevang is). Ek glo nie daar is meer forel in die dam nie. Vroeer jare was daar baie. Ons het ook water en sediment monsters geneem vir navorsing. Diepste plekke so 120 meter diep.
 
Top