Hi mense,
Ek het begin komp. hengel.
Ons eerste ene was by hartebeeskuildam in hartenbosch.
Die wind waai so erg as jy gooi dan val hy nie lekker waar jy hom wil he nie. Wat kan ek doen?? Na so 45min dan le my lyn 15m weg van waar af ek gegooi het. Moet ek dalk oorweeg vir 'n groter sinker...
Yes manne,
Ek gebruik xx 2.7 0.24mm lyn op my hooklinks,
Maar ek sien hulle krul so bietjie na 'n sessie,
Ek maakit maar net weer oor dan, is daar enige manier om dit te vermei?? Behalwe om ander lyn te koop of moet ek maar net dit oormaak??
Thanks
Norga het sopas weer oopgemaak!!!
Die vis byt so vinnig dis amper te goed om waar te wees..
Jy gooi in en wag nie lank nie dans dit vas!!
Stywe Lyne!!!!!!!!!!!
::S
Ken julle manne die goed??
Sien dit by 'n shop online,
Hulle sê die is 'n nuwe ding opi mark...
Dit lyk soos boilies maar dis onder die conventional seksie so ek twyfel..
Hi manne,
Ek wil hoor hoe sit mens jou bol dip op jou mieliebom??
Sit jy hom maar net op of smeer jy hom so bietjie??
Ek het gehoor in die winter moet mens klein bietjie van als gebruik ... Kleiner bom, kleiner aas en minder minder hoeveelheid flavor..
Yes manne!! Hoe ganit hier met julle almal??
Ek het 'n vraagie vir julle ...
Ek het so paar poeiers in my viskas, maar ek wil weet wat die beste manier is om hulle te gebruik?? Gewoonlik meng ek dit saam 'n degie... Maar dink julle mens kan hom opi bol ook gebruik?? En watter ander maniere is...
Is dit 'n bargain??
Ek ken nie regtig die waarde van die goed nie!!
Dis nog in goeie kondisie, die ou wat dit verkoop het gesê ek sal nooit weer so bargain kry nie...
Wat dink julle daarvan?
More almal,
Ek soek asb raad.
Wat is die beste lyn om te gebruik? Dukte en Sterkte?
Ek het gister 'n groot oukie verloor toe ons hom net wou skep toe draai hy om en snap my lyn...! :shock: Was so hartseer want dit was die enigste vis vir die dag. Ek gebruik huidiglik 3.3Kg lyn, 0.33mm duk...