My vraag aan jou is of jy dink 'n roepstok sal werk in die Oranje vir die groot monsters daar?
Vir seker ! Wag tot jy sien hoe agressief kan 'n baber wees. Ek maak my loodkoppe op 'n sekere manier en ek roep hulle op my manier. Daar is so klein bietjie tegniek aan maar dit werk.
Ek gebruik nie 'n spesiale roepstok nie, ek gebruik 'n ligte stok met 'n vinnige aksie wat swaar lyn kan hanteer. Dit beteken die stok voel 'dood' sonder lyn soos 'n besemstok.
As ek rerig tussen struktuur ens hengel gebruik ek my bootstok met 120lb dacron op. Dit klink laf totdat jy keer op keer met 50lb or self 80lb gebreek word.
Die dacron is dikker as braid en is minder geneig om in bv hout in te sny en te byt, en gly eerder daaroor.
Re die roepery, jy moet uitvind hoe agressief die babers is as julle daar is. As hulle vinnig opskiet na die oppervlak soek jy 'n loodkop wat amper dryf. Soms bly hulle laer af en kom nie tot bo nie, en dan gebruik jy 'n lootkop wat bietjie meer sink.
Een van die grootste geheime van om die grotes te kry van die kant af is om nie jou voete bv te stamp op die grond nie, en moenie hulle sig onderskat nie. Hy mag dalk nie naby jou wil kom nie en as jy raas swem die grotes gewoonlik weg. Hulle weet gewoonlik lankal van jou voor jy weet waar hulle is.
As jy klomp bymekaar kry sal die kleintjie wat vraatsig is baie gou kom kyk. Jy kan egter so plons dat hulle nie die loodkop kry nie en kyk wanneer die groot snorbaarde opkom. Jy moet dan die loodkop versigtig maar gou bo-op sy bolip laat sak en WAP dan gryp hy hom.
Moenie viskoors kry as daai meneer sy kop uitsteek nie. Jy gaan alles verkeerd doen :-D