Ski Craft/Ace Craft

Krige01

New member
Ek het die boot gekoop net voor ek Amerika toe gegaan het en wil as ek by die huis kom bietjie werk aan hom laat doen. Kan jul my ook dalk help met die hull, sommige mense se dis n Ace Craft en ander Ski Craft, is dit maar basies dieselfde of is daar n manier om die twee van mekaar uit te ken? Wil die buoyancy oor laat doen, wat sal dit my min of meer kos? Het ook gedink om dalk eerder n center console op te sit, is dit n goeie idee? Die motor wat ek vir hom het is n 55 yamaha maar dis n ou motor en wil hoor of dit moontlik is om n tilt en trim system op te sit, of is dit beter om n ander motor te koop?
 

Attachments

  • IMG_20210220_110254845.jpg
    IMG_20210220_110254845.jpg
    57.2 KB · Views: 42

cjcooper

Member
Oulike skippie, ek will dink dis n Ace, sal beter kan se met meer fotos maar die slimmer manne sal kan bevestig. Prys op boyancy sal jy eers kan kry afhangend hoeveel werk dit is om die oues te verwyder en dan watter tipe jy wil in sit. Ek sou verby hou met die trim en tilt op die ou motortjie, hulle het harte van goud maar ek glo nie dit sal enigsins ekonomies wees nie. Wat is jou plan met die boot se gebruik? Dis so goeie romp op die see dat ek wragtig eerder 2 motors sou op sit. My 15'6 Ace het twee 50 yammies gehad en was my hart se punt. Vir slegs Cat R is daai motor fine en hulle maak great centre consoles maar ek sou eerder n groter motor opgesit het wat reeds trim-tilt het.

my twee sent, geniet haar.::tight:
 
Top