Omdat ek taamlik besig en uitstedig is as gevolg van werksverpligtinge, gaan ek hierdie verslag in 'n paar Hoofstukke doen, soos wat ek tyd kry. Fotos en videos sal eers geplaas word in die heel laaste Hoofstuk.
Hierdie verslag is nie 'n poging van my kant af om mense te werf om volgende keer saam te gaan nie. Ek wil ook nie adverteer nie. Ek was die leier van 'n groep van 5 mense wat hierdie tog aangepak het. Ons het baie geleer en baie foute gemaak. Ons is 'n geslote groep werks-vriende wat besluit het ons het nou genoeg gehoor en gelees van hierdie wonderlike plek en ons het besluit om self te gaan ondersoek instel.
Ek wil net byvoeg dat dit altyd onmoontlik gelyk het. Ons het soveel stories gehoor oor Angola, dat dit soos 'n groot monster voor ons gestaan het. Ons het nog altyd gedink dat dit onmoontlik is om hierdie tog aan te pak sonder 'n gids wat die heeltyd by ons is. Soos dit egter maar altyd gaan met uitdagings, was ons bang, maar...ons het besluit om die onbekende te gaan aandurf. Ons het selfs ons testamente en versekering reggekry, sou ons miskien nie terugkeer nie.
HOOFSTUK 1
Gedurende September 2015 het ek 'n verslag gelees van Simen Anderson oor hulle wedervaringe in Angola. Ek het verwonderd gestaan oor die aantal visse wat hulle gevang het en was geweldig geraak deur die area waar hulle gehengel het. Ek het onmiddelik met Simen kontak gemaak, maar sy groepe was volgeboek tot 2017. Ek wou nie so lank wag nie. Ek het my vriende, Gerhard Nel, Ben De Klerk, Bart De Klerk en Craig Goldstone gekontak en meegedeel dat ek hierdie trip wil aanpak, dat ek nie weet waar om te begin nie, maar dat ek alles sal ondersoek en na hulle toe terug sal kom.
Heel eerste op my lys was om by die meesters te leer. Ek het Simen gekontak per e-pos. Wat 'n wonderlike mens!!! Soveel ervaring en so bereid om inligting te verskaf!! Geen wonder Simen se toere is so gewild nie.
Daarna het ek met Flamingo self kontak gemaak. Flamingo Lodge behoort aan Mnr. Sakko. Hy is ook die eienaar van Kwanza Lodge in die Noorde. Ek het hom toevallig ontmoet toe ons by Flamingo was gedurende ons laaste aand. Hy is 'n ongelooflike vriendelike mens. Hy was juis daar met 'n groep motorfiets manne van Suid Afrika wat deur die area sou toer.
Chenelle en Carlos Moran bestuur die lodge. Beide van hulle is wonderlike mense. Chenelle en Carlos verwag hulle eerste baba. Hulle keer terug Suid Afrika toe aan die einde van September om die baba se koms af te wag. Chenelle het my op Rico se vrou, Theresa Sakko se spoor gesit. Sy is woonagtig in Kaapstad. Sy hanteer die VISUMS vir mense wat graag Angola toe wil gaan. Niks is te veel vir hierdie vrou nie. Sy is ongelooflik. Ons het absoluut geen probleme gehad met ons VISUMS nie.
Dit klink miskien of ek dink almal is wonderlik, maar regtig, hierdie mense is vriendelik en hulpvaardig. Hulle gaan uit hulle pad om die lewe vir 'n mens makliker te maak.
Ek het aanvanklik beplan om die trip aan te vat gedurende Mei 2016, maar as gevolg van onvoorsiene werks-verpligtinge moes ons dit noodgedwonge uitstel. Die Lodge was propvol geboek en die eerste beskikbare plek wat ons weer kon kry was gedurende September 2016. Volgens beide Carlos en Chenelle, is dit ook 'n uitstekende tyd vir vis.....hulle was reg!! Later meer hieroor.
Ons eerste stap was om die volgende gereed te kry:-
1.Geelkoors Sertifikate
2.Internasionale bestuurders-lisensies
3.Bank State
4.Bewys van verblyf (residential)
5.Bewys van werk (Brief deur werkgewer)
6.Pensionarisse (Beedigde Verklaring)
7.Mediese versekering (R500)
8.Voertuig Registrasie Dokumente
9.Brief deur Finansierings-Huis dat hulle toestemming gee dat voertuie vir die tydperk oor die grens mag gaan;
10.Brief van versekerings-huis dat hulle die voertuig verseker vir die tydperk; (Ek moes 'n minimale bedraggie ekstra betaal vir beide my 4x4 voertuie)
11.'n Itenarary (Trip Beplanning)
12.'n Spreadsheet wat aandui watter mense ry in watter voertuig.
Al hierdie dokumente is na Theresa gekoerier. Sy het alles gehanteer en ons slegs laat inkom na die Angolese Ambassade in Kaapstad vir ons vingerafdrukke. Ons het ons VISUMS dieselfde dag ontvang.
Theresa het die volgende van haar kant af gereel:-
1.Uitnodiging vanaf Angola
2.Permitte
3.Alles moes vertaal word in Portugees.
Theresa vra 'n minimale bedraggie om alles te doen. Ek sal oor en oor van haar hulp gebruik maak. Sy was vinnig en akkuraat. Daar was geen verassings nie.
Chenelle het aan my 'n lys gestuur van alle hengel gerei wat ons sou benodig. Aan die begin het dit nie vir ons veel sin gemaak nie. Ons was almal aas hengelaars en ek en die meeste van die manne het nog nooit probeer spin nie. Ek het gister, nadat ons teruggekom het weer na hulle lys gekyk en gesien dat hulle 100% korrek was. Alles wat hulle voorgestel het, was waarmee ons vis gevang het. Later meer hieroor.
Ek het besluit om beide my voertuie te gebruik. ', Toyota Hilux 4L V6 Double kajuit 4x4 en 'n Fortuner 3l diesel 4x4. Ek moes noodgedwonge 'n paar aankope doen om die voertuie toe te rus vir daardie wereld en het die volgende bekom:-
1.Aluminium Kappie
2.Roof Carrier
3.High Lift jack
4.12V pomp vir opblaas van band
5.25l Jerry Kanne vir beide voertuie (My grootste fout...later meer hieroor)
Ek het ook 'n 4x4 treiler gehuur wat volledig toegerus was vir 6 mense. Yskas, eetgerei, stoof, gasbottels ens. (Ons 2de grootste fout. Later meer hieroor ook.
Ek het beide voertuie geneem vir 'n major service. Ek het veranderinge laat aanbring aan die Hilux se onderstel. Daar was geen probleme nie, maar omdat ek die voertuig gebruik om my Butt Cat te launch, het ek besluit op nuwe wiel bearings, nuwe diff, nuwe skokbrekers ens. (Bedrag R65 000). Ek het vir die Fortuner nuwe wiel dromme en break pads laat insit en alle olies en filters laat vervang. (Bedrag R9000)
Dit was miskien bietjie duur, maar glo my, niemand was blyer as ek oor hierdie uitgawes, toe ek die toestande daar sien waaraan my voertuie blootgestel was nie. Ons het nie 'n enkele probleem met die voertuie opgetel nie.
Ten einde die manne te verhoed om te veel te pak omdat pakplek skaars was, was elke ou toegelaat om 'n 100l krat te pak vir alle visvang gerei en 'n normale grootte sak vir klerasie. (Dit was ons 3de grootste fout) Ons het hopeloos te veel gepak. Almal was dit eens. Ons sou kon klaarkom met minder as die halfte van die klere en visvang gerei. Maar so leer 'n mens!!!
Voordat ons vertrek het, het ek ons visvang uniforms waat ek gedurende Oktober 2015 bestel het gekry. Dit het bestaan uit die volgende:-
1.Splash Jacket
2.Splash pants (long)
3.Quick Dry Long sleeve shirts
4.Quick Dry short sleeve shirts
5.Quick Dry Short Pants
Sal in die laaste hoofstuk vir julle wys hoe dit gelyk het. Ons het almal agterna saamgestem daat hierdie al klere was wat ons moes saamgeneem het. 2 stelle hemde en broeke. Een in die was en die ander aan die bas. Maar hoe moes ons weet? Nou weet ons!!
Volgende Hoofstuk : HOOFSTUK 2 (ONS VERTREK!!) In hierdie Hoofstuk sal ek die roetes deel, die brandstof pryse, oornag geriewe op pad na Angola. Moeilikheid met die Angolese Immigrasie beamptes, openlike korrupsie, die omruil van geld vanaf Rand na Angolese Kwanza en besienswaardighede langs die pad vanaf Port Alfred tot by Flamingo in Angola)
HOOFSTUK 3
Hengel by Flamingo. Meer oor Carlos Moran en Chenelle. Alle hengel gerei wat ons gebruik het. Wat vir ons geleer was. Verskillende lepels, plugs en paddle tails wat gewerk het. Tipe braid, stokke en katrolle. Hengel toestande
HOOFSTUK 4
Ons tog na en van Kunene deur die Park en deur die Doodsakker.Verskillende lepels, plugs en paddle tails wat gewerk het. Probleme wat ondervind was en suksesse wat behaal is.
HOOFSTUK 5
Ons terugtog na Suid Afrika.