Roodekopjies

Redro

New member
Hi Almal

Sien geen recent info oor Roodekopjies

Kan iemand my asb raad gee oor Roodekopjies dam en veral oor Emanzini? Beplan nag trip, sien die tariewe lyk nie te sleg

Watter hoek aas en dips werk by Roodeplaat op die oomblik
Watervlak en kwaliteit tans
Beste staanplek by Emanzini
Geriewe en sekuriteit

Enige bykomstige advies/raad word waardeur........

Dankie
 

Unlimited

Sealiner
Het die plek ook al ge-eye maar was nog nie daar nie. Altyd bang die plek gaan te vol wees. Hulle het n facebook blad indien jy dit nog nie gesien het nie.
 
G

Guest

Guest
Emanzini is 'n mooi skoon oewer, met dik vis. Ongelukkig geen bome naby water nie, so skadu is 'n moet! Daar's krag punte, en as jou koord nie lank genoeg is, sal hul vir jou aanlê. Die ablusie is skoon, met warm water en ook swembad. Klein winkel, wat hout, ys, ens verkoop.
Kaboem mielies is baas - geure wat goed werk is tjop-tjop, banjo, FX en dan garlic en bloekom. Ons gooi gewoontlik a paar molasses bolle saam wanneer ons voermaak plek maak. So tussen 100 - 160m word verkies (dam word geleidig diep). Jy kan vir oom Hansie direk skakel (083 sewe vyf vyf 444 nul) - hy's die eienaar. Vra hom om spot te bespreek, want hulle raak vol die tyd van die jaar. PS. Ek verkies heel links van oewer (daar bottels wat dryf so 20m die dam in). Sterkte
 

Redro

New member
Dankie JUANP

Sal seker maak ek het daai dips en kaboems, ek hoor van die crocks in roodekopjes, is dit veilig om hounet in die water te sit?

@ Unlimmited, dankie ek het die facebook blad gesien, daar is een van die dae groot kompetisie by roodekopjes en ek sien die eienaar se hulle is nie deel daarvan nie, wonder of dit goeie of slegte naweek sal wees om te gaan, want soos JUANP praat klink dit heel lekker.

Groete
 
G

Guest

Guest
Ek't nog nooit 'n croc by Emanzini gesien nie, maar weet hul is daar iewers in die dam.
Ek verneem boilies werk ook redelik goed by Roodekoppies - weereens Tjop-tjop en dan ook white choc. Blykbaar in term van dippies, Conoflex (Louwtjie Louwies signature series) se Tjop-tjop en Black Magic saam op bol is 'n wenner in die dam.
Maar ek stress weer, maak seker jul het genoeg skadu om saam te neem - huidige temp trek in die omgewing van 38 - 40 grade daagliks.
 

Redro

New member
Thanks JUANP

Ek hoor jou met die skadu want die paar dae is warmer as die hel, wik en weeg nog of ek hierdie naweek soontoe gaan of eerder die naweek gedurende die bonanza wat ek glo volgende naweek 21st is, sal oom Hansie skakel en hoor hoe lyk die bookings, either daar of bronkies hierdie naweek, maak nie rerig saak aan my, net solank ek vrydag aand langs die water is

Weereens dankie vir die raad
 

Zim boy

New member
hi almal ,ek gaan Emanzini toe kersfees. Watse visse is alles daar wat n mens kan vang? Wat is best te gebruik vir barber?
Hoop om iets van julle tehoor.

groete
 
G

Guest

Guest
Vis spesies: Karp, baber, makriel en kurper.
Aas vir karp: Floaties, degies, mielies, tigernuts en boilies. Ons verkies om molasses bolle saam ons grond voer te voer. Frugte geure bly 'n wenner op die bol (tjop-tjop, piesang, peach, ens.) Speel rond, tot jul goeie vangste begin kry. Idiaal afstand 120 - 180m
Aas vir baber: dag oue kuikens is no.1, dan ook wurms (ertwurm, muswurm), krieke. Wat baie goed werk, is om hoender lewer in a emmer te laat staan vir 3 dae voor jul gaan en gebruik dit om te voer so +/- 40m max (jul sal nie stil sit nie!)PS. Hou maar die neus toe as jy daai emmer oop maak...LOL
Aas vir Kurper: Ertwurm en suur mielies (voer maroek)
 

Zim boy

New member
Hi JUANP dankie vir daai information,is daar n specific spot om tegaan of maak dit nie saak nie? Wat is die size van barbers? Neem aan solank n mens voerplek maak saal die visse daar wees
 
G

Guest

Guest
Hi Zim boy, ons sit gewoontlik heel links van oewer. Daar is/was bottels wat dryf, net regs van daar. Maak Baber voerplek net regs van daai bottels (pasop dat vis nie links swem nie, anders sny hul jou af). Die babers wissel tussen 6 - 10kg. Vir die karp, vat ons, ons lyne in op so 120m (+- 3,5m diepte water ) tot op so 160m (+5m diepte water)- dus as die dam so +/- 85% vol water is. ons voer gewoontlik so 10m radius. Nader aan die tyd kan jy op http://www.dwa.gov.za/Hydrology/Weekly/Province.aspx gaan loer (click net op Noord Wes provinsie op die kaart) om te sien hoe vol die dam is teen daardie tyd.
 

Zim boy

New member
Hi JUANP ,my neef het plek gebook as jy by hek inkom reguit af van ablutions so ek hoop maar dit gaan n gooie spot wees.Was Sondag da net om die plek uit techek want was nog nooit daaikant van die wereld gewees,en water is baaie laag so hoop maar vir die beste
 
G

Guest

Guest
So jul is net links van sloep - ek't nog nooit daar gestaan nie maar sien daar's altyd hou-nette in die water by mense wat daar kamp. Die trick is om reg te voer, en jul sal hulle vang.
NB!!! Maak seker jul vat genoeg skadu net / Gazebo's saam en maak seker hul is mooi vas. Ons het al daar 'n storm beleef, en het tent + gazebo net so in die asdrom gegooi. Jul moet dit geniet! Sterkte
 

Zim boy

New member
Hi JUANP ,ja net link van sloep.Wel ek hoop maar die weer speel saam en storms bly weg.Ek het niks fancy goed nie maar wil ook nie tente verloor ni sal maar net probeer goed was trek ,het darem laste keer by Vaal die wind survive en niks damages nie.
Dankie ek saal try paar fotos opsit as terug kom en as ons mooi visse kry.
 
Top