Vaaldam

Alex123

Member
Goeie môre,

Ek en 'n vriend beoog om vir die eerste keer vanaf sy boot te hengel op die Vaaldam die komende lang naweek. Ons launch site is 'n marina reg oorkant die UJ Eiland. Ons sal dan ook sommer naby die eiland vir 'n "drop-off" soek.

Karp sal heel waarskynlik dan ons hoof spesie wees wat ons gaan teiken...of enige iets wat sal byt.. Ek het 'n Molatek voerblok(25kg)in kwarte gebreek om voerplek te maak Donderdag middag al. Ek wil graag gemaalde asook 'n paar heel mielies saam met die blokke in gooi.

Ons sal dan eers Vrydag so teen 10:00 die oggend begin hengel op die "spot"..

Ek wil net weet is dit die regte benadering of "sit ek die pot heeltemal mis"....? Dit is ons eerste keer wat ons sal hengel vanaf 'n boot in die dam...

Enige raad sal baie waardeer word.

Beste groete.

:fishn
 
Hello Alex,
Vir babers is dit al so bietjie laat maar niks fout om iets uitegooi vir babers nie. Weet daar skool groot baber rondom UJ se eiland.
Vir jou vir karpe deeg en floats, dips gaan jy moet mee speel. friend van my hengel RPA en hulle praat van dips met sterk geure. Seker soos jou garlic, strawlic en almondel.
Dis maar my tips, miskien sal die LTB manne iets byvoeg.
Geniet dit.
 

Alex123

Member
Baie dankie Harry waardeer..

Ja, het al een keer daar gaan babers vang, maar nog nooit karp van die boot af probeer vang nie...

Baber gerei is gebêre tot so einde September se kant..
 

Alex123

Member
Ag kom nou LTB manne... ek wil nie julle geheime weet nie..

Ek wil net weet of ek min of meer die regte idee het vir die naweek se vis vang of nie...

Enige raad sal waardeer word.



^^..
 

Alex123

Member
Hi Harry,

Dit het redelik goed gegaan vir 'n eerste probeerslag... Vrydag het die wind bietjie te veel gewaai so ons het gesukkel om die boot te anker...toe gaan vang ons maar van die kant af.. Saterdag was die weer perfek en ons het 'n paar mooi visse gevang (karp, gras karp en muddies), ook twee groot visse verloor (hoek oop gebuig). Sal weet om volgende keer die drag nog losser te maak aangesien ons met braid hengel...

- Volgende keer sal ons meer as een anker gebruik..
- Eers leer om die Garmin ordentlik te gebruik voor ons uitgaan..
- Voerplek bo op die water ook te merk..

:fbash
 
Lekker man, anker is baie belangrik. Ek gooi 4 ankers uit om mooi stil tele.As jy terug gaan op van die sealine posts
en lees gerus deur hulle. Ek het verk baie geleer.
 

Alex123

Member
Ja, so agter gekom... Ons het tot die boot vas gemaak aan van die stompe wat bokant die water uit gesteek het, dit het goed gewerk. Maar ons moet definitief meer ankers gebruik asook die regte tipe ankers... die "grapnel" was useless... Gaan volgende keer twee "Danforth/Fluke" ankers gebruik en 'n boom stomp...

Ek moet sê dat ons dit baie geniet het want dit was baie stil en 'n mens kon bietjie "af skakel"...

:fishn
 

Unlimited

Sealiner
ek raak so bietjie bored op n boot. kan nie opstaan en n draai loop as die vis nie byt nie, kan nie n vuurtjie maak nie ens...
 

Alex123

Member
...sit lekker en nonsense praat..

..volgende keer vat ek 'n lekker groot kussing saam, gaan dan lekker "rus" in die cabin...
 
Top