So op nommer 99 het ek aan ma voorgestel dat ons d

Jorries

New member
So op nommer 99 het ek aan ma voorgestel dat ons die naweek vir 'n slag weer gaan 'n vissie of 2 gaan aankeer.  Ons het lanklaas gaan lyn natmaak en jare laas in die winter gaan hengel.  Die weervoorspelling het belowend gelyk en die chalat waar ons gewoonlik bly was nog beskikbaar.

Daar was Donderdag aand inderhaas gepak (so inderhaas dat ek my aasboot se batterye vergeet het) en Vrydag aand is ons Oranjeville toe.  Ongelukkig het ons eers na donker daar aangekom en dus Saterdag oggend eers afgegaan water toe.

Dinge was stil die oggend en net een karp van +- 1,5KG, 'n klein modderbek en kleinbek geelvis wat uitgekom het.

Ek het 'n paar verskillende kombinasies probeer maar uiteindelik volstaan met Garlic/Petite Janine op die een bom en Ebony/Midrand op die ander.  Die boonste hoek het 'n pienk sweets floatie met swd gehad wat in almond supreme gedoop is.  Die onderste hoek het ek of twee pineapple of twee vaadam pitte gebruik. 

Die middag het meer vis gelweer met heelwat graskarpe tussen 2 en 4 KG en nog so paar modderbekke en geelvisse.

Die weer was fantasties en so 4:30 het ek aan ma voorgstel dat ek 'n sakkie sekelbos aan die brandsteek en sy vir ons 'n ou bruin skoene skink - net om so bietjie atmosveer te skep.  Ons was besig om lekker te ontspan met die 2de glasie en ek wou net aan ma voorstel hoe ons die res van die aand kon deurbring aangesien die chalet nie TV het nie, toe die een polisieman water toe trek asof dit met terpentyn gesmeer is.  Die resultaat was 'n 3kg karp wat nogal goeie rekenskap van homself gegee het. 

So 5:30 het die vis getjaaila en ons het terugekeer chalet toe want die sekelbos en sjerrie kon nie heeltemal meer die koue weg hou nie.  Die eindtelling was so 12 vis geland en so 3 of 4 verloor.  Die gemiddelde gewig was so in die 2kg klas.

 

 
 
Top