Goeiedag mense ek hoop dit gaan goed. Ek soek groot asb fotos en meer inligting indien moontlik rakende die perslyfmoddervis. Dit is 'n inheemse visspesie wat teenwoordig is in die laeveld se waterstelsels maar ook verder noord van S.A. voorkom. Om die waarheid te sê het ek nog net een foto van die perslyfmoddervis in een van ons plaaslike tydskrifte gesien. Dit is vir my 'n pragtige visspesie en ek sal net graag meer inligting en dan nou miskien fotos wil kry rakende dit. In dieselfde asem is dit net soos baie ander inheemse visse vir my jammer dat tydskrifte nie meer artikels oor ons inheemse vis plaas nie (seker omdat uitheemse vis totaal en al in die meerderheid is en inheems heeltemal in die minderheid) maar dit is vir my tog belangrik. Ek is al gatvol vir bladsye en bladsye van byvoorbeeld karp in ons tydskrifte en mens sal sweer dit is ons enigste vis (weereens dalk in die meerderheid, en tog so jammer) Ek het nog nooit eers een artikel gesien of gelees oor die perslyfmoddervis nie. Ek het al stories gehoor dat die spesie pond vir pond amper meer baklei as 'n tiervis. Sal enige persoon so gaaf wees om iets van die spesie te kan plaas.
Baie dankie




































Baie dankie