Nash Siren Alarms

christodeb

Senior Member
Het julle al die Nash Siren alarms gesien? Ek moes vir 'n vriend van my 'n stel gekry het van tacklebox af. Die alarms het vandag hier aangekom. Ek kon myself natuurlik nie help nie, en moes eers met hulle speel.

Ek het 'n sterk vermoede dis die nuwe alarm om te hê! Die goed raak net beter en beter. As ek nou weer alarms moet kry, sal dit my eerste keuse wees. Die Atts irriteer my so bietjie op hierdie stadium, so dis dalk 'n goeie verskoning.  
 

renrew

Senior Member
Ek weet darem nie, die remote lyk soos of dit n 50's TV remote is, en in geboude sang ears wat soos n TV antenna lyk hou ek ook nie van nie.

Ek dink liewers die ACE i3 alarms of delkims is jou beste koop.
 

kaboem

Sealiner
Hou nie van die look van die Nash Sirens nie...

As ek more nuwe alarms kan koop dan sal dit die FOX Micron RX alarms wees, ek hou die alarms oor die basics van hulle en hulle is compatible met die RX3 Digital reciever. Ongelukkig gee my Fox Warriors my nie n dag se moeilikheid nie en hulle was al baie onder die water binne in die dam en Reen. Die goed hou net aan en aan....

So terwyl hulle sharp is hengel ek met hulle, tot hulle uit mekaar uit val!

Jy Kry NIE beter entry level Alarm as die Warriors nie.

bewys my verkeerd....lol
 

marshall

New member
Kaboem jy het a punt daar ou maat,die warriors is nou maar net hel sterk. Hulle het nou wel nie al die ander fancy settings maar hulle doen die job. Ek het hulle self gehengel vir a paar jaar en ook baie eiena weer deur gemaak. Toe ek oor is EOS toe het ek hulle aan a friend gegee en hy weer aan a ander friend en hulle werk nog steeds.My vraag is hoeveel van die manne het die duur alarms en gebruik nie helfde van die settings,ek weet ek gebruik nie al die settings op die EOS nie. sOME THINGS CATCH FISH AND SOME THINGS CATCH ANGLERS. Ek dink its nice to have maar in baie gevalle a over kill. Maar nou ja ons almal het maar ons giere en eks net so skuldig. Tackle tart delux.
 

kaboem

Sealiner
Ja nee Barry jys doodreg!  Kusaf het syne aan my verkoop toe hy sy Microns kry...Hy het my al meer as een keer gese hy soek hulle terug...lol

Die incredible ding is hy het hulle splinternuut gekoop en die batterye saam gekoop hy het hulle n paar jaar gehad en ek het hulle nou al n paar jaar en hengel amper elke tweede naweek met hulle steeds op dieselfde batterye?

Kan jou nie se hoeveel keer ek al by die dam gekom het nie, dan haal ek my buzzbars uit my carryall sit my pod aan mekaar en as ek die alarms wil aan sit dan is hulle aan!

Wat hulle ook uniek maak is die alarm se sound, ek kan baie duidelik uitken onder ander alarms... Daar is darm niks beter as daai Warrior se geskreeu nie!

Rand Vir Rand die beste kopie as dit kom by entry level alarms by ver! Soos jy se settings op verskillende alarms is vir my useless? Ek wil hom aan sit en harder of sagter sit dis al wat ek nodig het vir tipe hengel.....
 

Spinedok

New member
Nash het vir my hulle 2011 dvd laas week gepos, en ek moet se die alarms is nou nie die kleinste of mooiste nie, maar baie prakties, hulle spring op die goed, en dit kom niks oor nie, jy kan alles vannaf jou remote stel ens.
 

renrew

Senior Member
My micron m's is vir my die beste entry level alarm ooit gewees, ek het dieselfe batterye in as wat ek 5 jaar terug saam met hulle gekry het toe ek hulle koop. EK gebruik nou steve nevilles wat net n aan af knoppie het geen tone of volume of sensitivity settings nie, al wat ek kan se is sensitivity is n belangrike ding om te he, veral met braid en gras in die water.
 

christodeb

Senior Member
Spinedok wrote:
Nash het vir my hulle 2011 dvd laas week gepos, en ek moet se die alarms is nou nie die kleinste of mooiste nie, maar baie prakties, hulle spring op die goed, en dit kom niks oor nie, jy kan alles vannaf jou remote stel ens.

Die feit dat jy alles van die remote af kan stel is baie nice! Ek moet se teenoor die Atts is die Nash alarms reusagtig, maar so is meeste van die ander alarms ook!

Kaboem stem saam met jou, daar is nie beter waarde vir geld as die wariors nie, dis 'n baie betroubare alarm.

Ek is redelik genees van Delkims, het te veel stories gehoor oor Delks wat vou in die reen, ja party ouens sal gelukkig wees en nooit probleme ondervind nie, maar ek weet van 'n hele paar mense wie se Delks moeilikheid gee in die reen. Ek hou baie van die features op die Delks, dis leke "tarty", maar dit sal nie great wees om soveel vir alarms te betaal en die goed pak op in die reen nie.

Dit was die rede hoekom ek Atts gekoop het, jy kan hulle onder die water los en hul sal steeds byte aandui, dus is daar baie min wat verkeerd kan gaan. Wat my irriteer is dat jy nie die alarm se liggie in die dag kan sien nie, en elke keer as jy die alarm stamp dan gee hy 'n low battery tone. Dit raak nogal irriterend as die byt tempo hoog is en jy teen tyd hengel soos by Bloemhof.

Ek soek nou iets wat betroubaar is en "nice to have" features het soos 'n nightlite wat heeltyd aan bly in die nag soos op die Nash. Dis baie gerieflike alarms om te gebruik want jy stel als van die remote af.
 

HennieB

Sealiner
Ek moet se die Nash sirens is nou nie iets vir die oog nie, my TLB's seker ook nie maar ek dink hulle is bietjie mooier.

Ek stem saam Christo oor die Delkims, ek wou hulle eers gekoop het maar na 'n bietjie research toe sien ek hulle like nie water so baie nie, veral die EV's.

Die sirens laat my nogal dink aan 'n stun gun.
 

kaboem

Sealiner
2138_15_nash_siren_rs_1_2.jpg
Nash_Siren_RS1_2.jpg
 

christodeb

Senior Member
Hulle het vir my iets wat mooi is, die delks en die nevs is weer vir my nie baie mooi nie. Dis hoekom daar soveel keuses is, iets vir elke ou se smaak.
 

Eric Rautenbach

New member
Hahaha sorry kan dit nie help nie, daai remote lyk nogals 1950's.. Ek kan nogals imagine wat iemand wat niks van visvang weet nie, gan dink as hy mens met daai goed sien speel.
 
Top