Mielie bom pryse.

Mieliepit

New member
Dagsê.

Wil graag by julle hoor wat julle betaal vir 4kg Supercast. Ek weet nie of ek net agter die tyd is nie maar ek dink ek is deur die ore gewerk met 'n sak wat ek gekoop het by 'n winkel in Kempton Park. Ek het R74.95 betaal. Dit is vir my heeltemal te veel vir wat jy kry. Ek wil graag julle opinies hoor.

Groete.
 

dawid2005

New member
Wa in Kempton Het jy daai duur sak gekoop dit is beslis baie "overpriced", Ek het lanklaas gekoop want ek het by die wildexpo in Maart maand 'n 4 kg sak opgetel vir R20 so ek het goed op gestock maar R74 is baie te duur, my 2c anyway
 

Mieliepit

New member
Hi daar.

Ja dit was by Horns Angling. Ek het nou uitgevind dat daar twee soorte is, een met 'n kolletjie en een met 'n kolletjie wat omkring is(dis nou in die blokkie langs PLAIN). Die slim manne sê die een met die kolletjie wat omkring is is baie duurder as die een wat net 'n kolletjie het. Ek het nie eers die verskil agter gekom nie en boonop nie eers een byt gekry nie, net babers gevang met platties. Ek dink nog steeds dis belaglik kringetjie met kolletjie of sonder kolletjie maak nie saak hulle roof ons. Ek sal nie weer iets by daai winkel koop nie, net uit die prinsiep van die saak. En ek dink ek moet sommer oorskakel na 'n ander maak voer ook.

Groete.

 
 
Top