Yes ou maat, ek wil begin deur te se jy mis niks die R&S hengel by Struis is baie beter. Ons het van die kant af sboluut niks op aas gekry nie. Ek het wel 'n goeie run gehad op berkley plastic prawns met tafel prwn mix, weet nie wat dit was nie want ek het mis gekap. Dis wat gebeur as mens nie naby jou stok staan nie. Ons het 2 Klein GT's en 'n lemon fish van die kant af gekry met "cut away" spinners op ligte gery. Verder was dit maar baie stil van die kant af en ons het alles moontlik probeer selfs 'n local wat al die tricks en spots ken R800 betaal vir 2 hengel sessie as gids, waarvan een 'n nag sessie was waar ons haaie getarget het,,Geen sukses!!!! Die donderdag is ons op die boot uit en het roof vis getarget, die tunas was op loop en ons het sommer 'n heleklomp mooi tunas en 2 groot bonitos gevang. Dit het die trip die moeite werd gemaak, Jy sal glad nie sodwana geniet nie trust my, mens loop jou vrek om by ordentlike fishing spots uit te kom en mens mag daar ook nie meer met voertuie op die strand soos in die verlede nie. Mens moet ook R25 per persoon betaal om op die strand te gaan, belaglik!
Paar van die manne het mooi marlyn gevang 5 van meer as 80Kg waarvan ek weet, dit was ons nie beskore nie. Die kaap bly koning!!!