kanon. geskiedkundige staaltjies

SPARRABOS

Sealiner
Kry n pm van ene lid met skuilnaam meel.....wetie hoekom hy meel is nie.....hy en maats gaan galjoen vang op kanon......vra dat ek iets skryf oor kanon..........nou kyk stefan van boland , pieter , lofty almal al hope inligting in verlede gepost.....ek stof maar net weer die ou boeke af. en deel my 50 sent......hoop julle geniet dit.....vgwritefv:SSS
 

SPARRABOS

Sealiner
Kom ons begin eers oor hoe kom die gewone man by kanon? voor ons by ons geskiedenis lesse kom....my geskiedenis lesse sal spesiaal vir pieter en blikkiesvis die 'diep'skrywers wees......dit netnou.......op die n2 draai n man af.....bakkie se neus hou jy reguit aan verby die boggomsbaai en vleesbaai afdraaie.......omtrent nagenoeg 2 km verby die vleesbaai afdraai draai jy links in na kanon...dis n grondpad van johnsonspos af......mens ry eers verby die privaatoordjie kanon en dan verder aan kom ou by kanonpunt alias cape vecca..........hier is internetfoto van kanonprivaatoordjie en kanonpunt verder......nou al daai huise het nie so fancy gelyk in die outyd nie.....glad nie......daars ook deur die jare goed gekuier ......;)
 

Attachments

  • images-6.jpeg
    images-6.jpeg
    29.5 KB · Views: 519

SPARRABOS

Sealiner
Tussen kanonpunt cape vecca en fransmanshoek skiereiland is die baai visbaai.......nou die kanon storie wonder almal seker waar kom dit vandaan..??.....as ek reg is het n franse oorlogskip in 1763 le fortune gesink tussen fonteine en fransmanshoek......baie kanonne was op sulke skepe......drie kanonne het hul rusplek gekry by kanonprivaatoordjie......hoe het hul daar gekom.....vertel graag in volgende post.....nou weet jul hoekom kanonprivaatoordjie kanon genoem word.....
 

Attachments

  • images-8.jpeg
    images-8.jpeg
    7.2 KB · Views: 513

SPARRABOS

Sealiner
My eie oupagrootjie en ene martin johnson het met bloedsweet en n ossewa en slee in 1928 die eerste kanon gaan haal......14 dae manne!!!!! 14 dae lank....
 

Attachments

  • IMG-20160822-WA0014.jpg
    IMG-20160822-WA0014.jpg
    22.8 KB · Views: 515

SPARRABOS

Sealiner
Ou mense se gatte het gejeuk.....1931 doen hul dit weer en bring daai tweede kanon.......eerste huis in agtergrond sigbaar....;)
 

Attachments

  • IMG-20160822-WA0015.jpg
    IMG-20160822-WA0015.jpg
    33.6 KB · Views: 514

SPARRABOS

Sealiner
Nou kyk vandag se dae is huise by kanonprivaatoordjie sommer luuks........my oupa se eerste huis binne die oord.........my oupa en oom johny johnson was neefs.....vandag behoort hele kanonprivaatoordjie aan oom johny se seun roger johnson....my pa is seker hier verwek in die vakansie.......
 

Attachments

  • IMG-20160822-WA0016.jpg
    IMG-20160822-WA0016.jpg
    35.1 KB · Views: 513

SPARRABOS

Sealiner
Junie 1963......in plaas dat my pa en sy twee broers galjoen vang bring hulle daai derde kanon.......met n trekker en n slee......john,louis en helgard.....die slee is self gemaak gewees....uit dromme!!! :)
 

SPARRABOS

Sealiner
Oukay.....genoeg geskiedenis.....manne wil ook graag hengel gesels......die klipperige kaap oos van gourits is cape vecca...kanonpunt.....hiers prag internetfoto van punt......aan jou een kant is die 'stil'kant of baai se kant.....om die punt jou rowwe kant.....voor daai fancy huis op die punt gekom het was oom mostert se klein shack daar.......mis hom.......vooruitgang strem alles....deel van die ou lewe......
 

Attachments

  • DavidP_-_C20_CV.jpeg
    DavidP_-_C20_CV.jpeg
    21.6 KB · Views: 514

SPARRABOS

Sealiner
Nou daai stilkant.....op vorige foto......twee dae oos dan dag een se wes....vars harderkoppe....daar het ek bronzies gevang amper soos op robberg........gullies;raggies;poensies,odd roman,yelowbelly,elf,kob ook af en toe.............op die punt....spring laag....daar waar water op foto werk stap jy in.....moet net nie versuip.......prag kraker en ook galjoen.....min hengeltyd voor stootwater jou weer jaag.........vars krap wat jy snags maklik by gourikwa kus vang en p.rl.m..n werk uistekend asook s.f.ie.......
 

Attachments

  • images-9.jpeg
    images-9.jpeg
    30.9 KB · Views: 505

SPARRABOS

Sealiner
Lugfoto van kanonpunt(cape vecca) en visbaai vanaf internet....kanonsand en fonteine doer in verte.....
 

Attachments

  • images-4.jpeg
    images-4.jpeg
    7.9 KB · Views: 501

SPARRABOS

Sealiner
Nou n groot geheim...dalk weet baie ouens dit....tussen kanonpunt en kanonprivaatoordjie is see maar altyd kalm......haaiewater......kom op n dag daar met sterk rowwe befokte see....met jou mossel,sandkrewel,pink winkel prawn en jou wurm....hotties my maat.....groot hotties.....daar voor kanonprivaatoordjie is n slipway vir die skibote....hul skuil in daai gate en rotsbanke...my neef in stil see bielies geskiet.....lyk my dis hulle wat jy daar vang in rowwe water......en morris lessing het tussen hotties n 22 kg kraker geland......hoekie innie lip......;)
 

SPARRABOS

Sealiner
Nou vir gewone man is daar jou stilhouplek...jou selle pad wat na kanonpunt en kanonprivaatoordjie loop het n vroere afdraai na links....park agter die duin.....loop oor..reg voor jou is die area rotsagtig........ons noem dit aasbankies.....vroer jare was hier baie alikruk net jammer mense roei dit uit wat nie hou by hul beperkings.....ook bietjie rooiaas en krap kan jy kry......dis n laagwaterplek om te vis......kraker en hotties....weerreens witmossel en sandkrewel kombinasie bobaas....jy kan met sterk see hier hengel want kanonpunt breek die mag van die branders.....kanon verkies westewind.....ook meer na springgety se kant....as jy by aasbankies is en jy kyk links dus fonteine se kant toe is so twee honderd meter aan bloubankies.....baie goed oppie stoot en volwater vir jou galjoen.....op laagwater kan jy sommer lekker sinkers optel...hier byt in sterk see groot wildeperde.....ook mooi hotties...my pa het twee hotties op pencilbait gevang hier een pwinter....4.4 en 4.8 in melkstal geweeg......kilogram!!!die area moet net nie toesand nie......hier is by aasbanke en bloubanke altyd op wurm en prawn belmanne.....lofty se kaart.........jy sien duidelik klein jan se plek waar meel en sy maats gaan bly....jy sien ook die parkeerplek......
 

Attachments

  • images-1.jpeg
    images-1.jpeg
    34.6 KB · Views: 500

SPARRABOS

Sealiner
Maar jou regte galjoenhengelaar sal stap....voetslaan....op die strand in die rigting van fonteintjies.....
 

Attachments

  • images-5.jpeg
    images-5.jpeg
    6.5 KB · Views: 499

SPARRABOS

Sealiner
As ek skat....halfpad op na fonteine is die befaamde rooibankies.....as hy toegespoel is no good soos die engelsman sal se!!!as hy oop is ou maat jou beste galjoenplek......hy moet so oopspoel jy moet tussen daai knokkies en *** in die water vassit soos ou seerower altyd sal se!!!!!!jy gooi vanaf sand op n sand rots bodem as hy oop spoel......onthou oppad na rooibanke kan jou surf manne oral steenies en belmanne vang oppie regte formasie...ongelukig weet ek min van surf hengel en moet die surf manne daaroor post en raad gee.
 

SPARRABOS

Sealiner
Hier is die bekende stefan in daai wereld met n kolosale beenbek....fonteine op agtergrond......_seal1_
 

Attachments

  • images-2.jpeg
    images-2.jpeg
    35.6 KB · Views: 501

SPARRABOS

Sealiner
Tussen rooibankies en waar fonteine se rotse begin byt die grooootste galjoene as hy oopspoel.....hy spoel egter min oop hier....koppiesbankies...ouer garde sal weet waarvan ek praat......;)
 

SPARRABOS

Sealiner
Stootwater werk altyd die beste....inkomende gety....ook vol of hoogwater en dan draaiwater tot hy halfpad gesak het......waar strand eindig begin fonteintjies se rotse......lofty se kaart.......hy moet ook oopgespoel wees vir galjoen....fonteine en vegkop
 

Attachments

  • images.jpeg
    images.jpeg
    35.9 KB · Views: 497

SPARRABOS

Sealiner
Oom nikie vertel in sy boek dat galjoene het so lekker gebyt by vegkop en omdat daar maar beperkte staanplek was het ouens baklei om staanplek te kry.....letterlik met die vuis....vandaar die naam vegkop !!!!:shock::X. my pa en oupa het hier opgery met jeep en letterlik honderde galjoene gevang........in ou agga stoof gebak...hulle het gedryf in die vet........
 
Top