https://www.youtube.com/watch?v=PjT_aosIFCU :cool

kitefisher

Sealiner
Flippy ,ek het al leeus in die Sirkus deur kleiner ringe gesien spring as daai stok se ogies,Daai Argentyne het die kuns van vaste-spoel werp al redelik vervolmaak.

Cheers.
 

kitefisher

Sealiner
rbacht wrote:
My vrot rooi asie bly net nie op die hoek as ek hom so agresief instoot nie....


Bwahahaha, Jy sal ook redelik jou ''TRAP'' moet ken as jy daai moves wil trek op die klippe. As jy dit gaan probeer die dag,trek n rooi broek en hemp aan. Die bloed op jou elmboë en knieë sal dan nie so maklik wys nie.
 

kitefisher

Sealiner
@ Flippy, daai man se katrol lyk min of meer soos hierdie. Die Nylon(mono)en die leader word aanmekaar ge-''fuse'' met n produk genaamd Phenol(dont try this at home).Met ander woorde daar is nie n knoop tussen die twee nie en is dit soos n ge''taperde'' leader.

Die werp-lyn kom dan vanaf die spoel deur die skuins-gleufie deur na die kleiner spoeletjie bo-op en dan word die leader daar om gedraai.(6 keer minimum vereiste).
 

Attachments

  • reel-escualo-bacota-long-casting-tunning-4190-MLA2793310952_062012-O.jpg
    reel-escualo-bacota-long-casting-tunning-4190-MLA2793310952_062012-O.jpg
    24.2 KB · Views: 238

kitefisher

Sealiner
Hoef ook nooit te worry oor die bearings in die ''Line-roller'' nie;)
 

Attachments

  • reel-escualo-bacota-long-casting-tunning-4160-MLA2793316798_062012-O.jpg
    reel-escualo-bacota-long-casting-tunning-4160-MLA2793316798_062012-O.jpg
    24.2 KB · Views: 238

kitefisher

Sealiner
Spoel/e : Hier kan jy die gleufie sien aan die kant van die spoel waarin die lyn dan oorgedra word via die leader na die boonste kleiner spoel.Al die ''casting-force'' is dus op die leader wat op die kleiner spoel bo-op gedraai is.

Sommer net n bietjie nuttelose info ;)
 

Attachments

  • reel-escualo-bacota-long-casting-tunning-4127-MLA2793290193_062012-O.jpg
    reel-escualo-bacota-long-casting-tunning-4127-MLA2793290193_062012-O.jpg
    24.1 KB · Views: 238

kitefisher

Sealiner
willem wikkel spies wrote:
nou met watse lynklas gooi hulle daar.

visvang en ver gooi is twee verskillende dinge!

ek gee toe, hy gooi mooi ver, maar kan hy hengel?


Willem,as ek moet raai dan sal dit volgens die Internasionale regulasies die volgende wees.

Die 244.55m werp met 125g sal met .28mm wees met .70mm voorslag wees.

Die 251.82m werp met 150g sal met .31mm wees met .80mm
voorslag wees.

Dit lyk darem of hy nou en dan n lyn in die water ook gooi.Let op na selfs hierdie hengel-stokke se ogies.Eintlik nie ''ogies'' nie,maar liewer ''OGE'' hahaha
 

Attachments

  • 1506236_670948112955207_78482252_o.jpg
    1506236_670948112955207_78482252_o.jpg
    47.5 KB · Views: 184
Top