Hi guys i am new to this and would like to make so

Agterbaaier

New member
Hi guys i am new to this and would like to make some lures mostley from lead for catching snoek. Where do i find good quality moulds or who make them? I used to have a allu sandcasted mould but the end product is not that nice unless you sand it down. I heard something about Cnc moulds.
 
Welcome to Sealine!

Your best bet is to get one from a DIY specialist company in the States.

Have a look here: http://www.lureparts.com/molds/specialty-molds.php
I have used them without problems.

Alternatively is to design a blank and have a mould CNC machined. It will cost in the region of R2000 for a 3 cavity mould.

You will haver still need to do some cleaning (light sanding) and polishing to get a mirror finish.

The last option is to make a silicone mould using mouldmax 60. The brown heat resistant stuff.
 

Fanie

Sealiner
Hallo Agterbaaier,

Ek tik in Afrikaans want ek wil nie he die ou met die pienk naam hier bo moet verstaan wat ek se nie, netnou word sy kop word nog groter, maar hy maak nogal mooi kunsaas.

Jammer meer ouens maak nie eie kunsase nie, die verskeidenheid van wat werk sal dan meer wees. Meeste van die' in die winkels is net om die hengelaar te vang,
 

Agterbaaier

New member
Ja ek is ook meer gemaklik in afrikaans ,hier by ons gebruik ons dit maar net vir eie gebruik en selfverdediging. Bennie ,do i need something special for the silicon moulds ,what about air bubbles? Who make the cnc moulds i tried a few places in Cpt but not very willing to help.
 

Fanie

Sealiner
En party van hulle werk tot, daar was al 'n paar mooi foto's gepos waar hulle vis van die boot af gevang het. As hy wil kan hy jou mooi help.
 

oomfaan

Senior Member
I made a mold with mold max 30, but the spoon does not come out smooth. It seems as if the silicon gives off a gas as it makes indents in the metal. I used pure tin to make the spoon. What did I do wrong?
 

Attachments

  • geelstert spinner.jpg
    geelstert spinner.jpg
    26.2 KB · Views: 498

Agterbaaier

New member
Het airbrush en klein spraygun gekoop, 2K verf is mos reg met n laag of twee clearcoat oor? Net jammer ons kry nie daardie helder kleure (neon) hier by ons nie ,net in die spray blikkies maar ek hou nie van die blikkies nie.
 

Fanie

Sealiner
Hallo OomFaan,

Vinnige vragie, het jy jou mould gebak na hy gemaak is ? Jy moet hom bak vir 4 ure teen 180oC anders gaan hy borrel op die oppervlak en dit lyk amper asof dit is wat daar gebeur het.

Mold max 30 is waarskynlik nie jou best keuse vir tin nie, jy behoort wel 'n paar lepeltjies te kan giet as jy die vorms reg voorberei het.

'n Beter keuse sou waarskynlik mould max 60 gewees het, maar onthou hoe 'warmer' die silicon tipe wat jy gebruik hoe meer bros word die si en is dus nie so buigbaar nie. Jou applikasie is bitter eenvoudig so hierdie sou waarskynlik 'n beter keuse gewees het, geen buig is nodig nie.

Ek self sou nie si gebruik het vir die giet van metale nie, maar alluminium. As jy iemand kan kry met 'n milling masjien (en daar is honderde oor die hele land) dan sou jy 'n vorm he wat baaaaie gietstukke kan produseer sonder probleme.

Een verdere voordeel van alluminium is jy kan altyd 'n feature by mill wat jy nie met die si kan doen nie, bv 'n strepie of so iets.

Los (as dit moontlik is) 'n platterige stukkie of strokie wat glad is waarop jy bv 'n stukkie halografiese papier kan plak, jy sal nie glo wat se verskil dit maak aan wat jy vang nie teenoor 'n dowwe kunsaas. Maizey plastics verkoop halografiese papier.
 

Fanie

Sealiner
Agterbaaier,

2k sal goed werk as daar nie 'n reaksie plaasvind met die giet materiaal nie, dit hang af wat se voorkoms jy wil bereik. As jy iets wil maak wat vreeslik duursaam lyk vir die vrou se vertoonkas dan sit jy sommer baie lae op.

Vir gebruik sal jy een of twee lae nodig he en soos jy se met 'n glans laag oor. Afhangende van hoe hard of sag jou kunsaas is gaan die eerste vis met tande die ding in elk geval skend en dan kan hy dalk nie in die vertoonkas staan nie ;-)

Die faktore om aan aandag te gee wat die grootste verskil maak is aksie, kleur, vorm, en dan die trekspoed waaroor jy self beheer het. As dit alles op een of ander manier bymekaarkom dan sal hy goed werk. Hoe meer van die nodige faktore ontbreek hoe minder sal die vis belangstel.
 

Fanie

Sealiner
Oor die sproei van kunsaas, sover ek weet gebruik hulle 'n afdruk vorm (template) wat sekere patrone van uit gelaser sny is. Die vorm word voor of teen die kunsaas gesit en die verf word op gespuit.

Dis hoe hulle herhaalbaar dieselfde kunsaas maak. Verskeie afdruk vorms word gebruik afhangende van die voorkoms wat bereik wil word. Iets soos dun ABS of perspex kan maklik gelaser sny word en sefs met 'n hitte proses gevorm word om op die kunsaas of naby te pas. Aanraking sal waarskynlik tot oorvloeiing lei as daar 'n opbou van verf iewers plaasvind.
 

Fanie

Sealiner
Om 'n mould te maak is nie vuurpyl wetenskap nie.  Wat wel belangrik is is dat die vorm(s) se materiaal en die parte se materiaal geskik moet wees om saam gebruik te kan word.

Verder moet jy kyk na die eienskappe van die parte se materiaal, as die bv maklik breek gaan die kunsaas nie hou nie. Party materiale se soortlike gewig is meer as ander so sal dus vinniger sink, maar kan ook beheer word deur die kunsaas hol te maak, en 'n balletjie in die holte kan geraas maak tydens die sleep aksie wat die vis se aandag trek.

Om 'n mould te maak moet jy vooraf 'n model maak sodat jy die regte vorm het.  Die vorm kan jy bv in jou swembad toets en as jy tevrede is dit gwerk soos verwag dan kan jy hom naboots in 'n mould proses.

Die eenvoudigste manier om 'n basiese mould te maak van se maar si is om 'n boksie te maak van enige iets, se maar PVC (wat ons gebruik want hier le altyd rond) en die boksie moet se maar 15 to 20mm groter as jou kunsaas wees.

Jy maak eers die een helfte.  Die vorm moet jy op 'n hoogte laat sit in die lug in die boksie sodat die bv si wat jy giet onder die vorm dikte sal he, asook reg rondom.  Die model moet voorberei word sodat die mould nateriaal nie daaraan sal wil vassit nie, mens kry 'n spuit waks, onthou daar is baie ander materiale om moulds van te giet as net si.

Jy giet die materiaal totdat die si die vlak so halfpad vertikaal van die model bereik, maw die model kan maklik verwyder word.  Jy moet ook oplyn punte insit, of locating pins.  'n Maklike manier om dit te doen is om moertjies wat vir afwerking bebruik word, maw hy het 'n ronde doppie op die buitekant, se maar op die vier hoeke in die vorm materiaal in te druk met die afwerking kant in die materiaal in, so jy sien dus die moertjie se gat. (Ja ja toe nie soos julle nou weer dink nie ;-)

Wanneer die materiaal gestol het, moet die ander helfte gegiet word.  Jy haal nou die moertjies uit en sproei weer jou waks oor die hele oppervlakte.

Giet die boonste stuk nou vol, weereens sodat daar genoegsame materiaal oor die model ook is.

As die boonste helfte gestol het, maak die PVC kassie uitmekaar en split die twee helftes van die mould en haal die modelletjie uit.  Let op dat die fynste besonderhede sigbaar sal wees, die kleinste krappie sal maw gedupliseer word.

Nou moet daar een of twee tregtertjies in die materiaal gesny word waar die part se materiaal in gegiet kan word.  Die plek waar die giet in gedoen moet word word so' gekies dat dit die minste afwerking agterna nodig het, bv se maar reg op die neus van die kunsaas waar jou draad deur moet kom.  Onthou die model sal reeds die draad se holtes in he.

Mens kan maklik dieselfde draad vorm kry as jy 'n jig maak wat die rondings en afstande op die ente akkuraat sal dupliseer as jy die draad daarop draai.  Jy kan ook die gaatjie agtera deur die kunsaas boor met 'n draaibank of in 'n jig wat jy doelvervaardig vir die taak.

As twee tregtertjies moontlik is is dit makliker om lug borrels uit te laat vloei sodat die materiaal maklik van een kant kan vloei en die vorm vul terwyl die lug uitgedruk word.

Om die volume materiaal te bepaal is nou baie maklik, jy vul die vorm met water en gooi dit uit in 'n akkurate maatbekertjie of die beste is om die volume met 'n chemiese balans skaal te weeg.

Die giet materiaal se volume van die vuller en verharder kan nou baie akkuraat gemeet word en net genoeg aangemaak word om te giet sonder vermorsig.

Jy sit jou vooraf gevormde draadjie in plek na die mould gewaks sproei is, maak toe, klamp imdien nodig (met rekke of iets en 'n rugsteun plaat op elke ent) en jy giet die materiaal wat gemeng is.

Ok dis nou net die basiese proses.  Jy moet self dit wat jy gaan gebruik se vereiste navolg soos deur die vervaardiger gespesifiseer.  Temperatuur, vog in die lug, meng tyd, bak tyd ens alles moet jy in 'n proses saamstel om die gewenste resultate te kry.

AS jy nou so gelukkig is om 'n kunsasie te maak wat uitsonderlik presteer en jy wil groot gaan omdat jy nie kan voorbly nie, dan is mould injection die enigste massa produksie preses wat de vinnigste en goedkoopste per part uitwerk.  Jy kan letterlik duisende per dag produseer teen 'n paar sente elk.  Dit klink dalk aanloklik, maar die aanvangskostes is nou weer baie hoog en dit moet verhaal word so daar gaan die prys nou weer.

So daar hy, fluit fluit my storie is uit.

AMT in JHB verkoop al die kruideniersware om die goed bymekaar te kry.  Bel hulle gerus 011 392 4232 en vra raad van Wynand (ek dink hy's die rep en LOL is dus heel dag op kantoor ;-) of Brian of Warren en hoor wat die beste vir wat gaan werk.

Terloops, die parte wat ons gebruik wat met hierdie proses gemaak word maak ek nie self nie.  Pine maak dit vir my, ek het wragtag nie die tyd om dit ook nog te doen nie.

Die swart raam on die elektroniese aanwysers en die sleutelbord is bezels wat met bg manier gemaak is met 'n si mould.
 

Attachments

  • glass feeder.jpg
    glass feeder.jpg
    71.7 KB · Views: 476

Fanie

Sealiner
Hier is een mould wat Pine gemaak het wat gekalf het.  Die vervlakste si pennetjie het afgebreek wat die skroefie se gaatjie moet maak waardeur die part aan 'n kas  vasgeskroef kan word.

Die rede waarom die mould by my opgeeindig het is dat ons baie van die parte (soos in honderde) soms op 'n slag nodig het, he he he, die man het 'n baie mooi vrou en as ek hy was dan sou ek ook nie al my tyd aan die ou goedjies wou spaandeer nie.  Hy't die ding vir my gegee en gese hier - sorteer self jou sterretjie sterretjie sterretjie uit :-D  Mmmmm dalk is dit oor ek by sy vrou kuier terwyl ek wag dat hy die partjies moet klaarmaak.... :-O

Ok dit was net 'n grappie.  Hulle is waarlik pragtige mense en my beste vriende.  Die werklike rede waarom die ding by my le is ons het gekyk na 'n alternatiewe manier wat meer parte kan maak, maar ek het intussen iets anders ontwikkel wat ekonomies en produksie gewys beter werk - ongelukkig nie bruikbaar vir kunsaas nie.

Die grys part is die meester waarvan die volgende mould gemaak kan word.

 Meeste van die vereistes kan gesien word, die tregtertjies is sigbaar asook die 'moertjies se gat' wat ek van in die vorige pos gepraat het wat die twee helftes presies haalbaar oplyn.

 As die gegote part uitkom knip jy die tregter se uitsteeksels sommer met 'n skerp diagonale tang af en rond verder met 'n skerp messie af.
 

Attachments

  • Mould.jpg
    Mould.jpg
    32.6 KB · Views: 469

Fanie

Sealiner
Vir die ouens wat in of naby Pretoia is en wat dit kan maak -
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=71572&forum_id=38

Die CNC goeters van prof Rudy hulle is juis wat gebruik kan word om milling van moulds onder ander moontlik te maak. Die CNC klub het nou al baie lede en die ouens ry selfs van JHB af om te kom leer. Daar is 'n vergadering een keer per maand. Baie leersaam, mens kom gou agter dat 'milling' net soveel fasette het en net so veelsydig soos visvang is.

LOL. Die Engelse outjies wat kom moet seblief net so met hulle voertuie stilhou dat die mense wat reeds daar is kan uitkom :-D (Jitte ek geniet die een darrem nou !!!) Nee rerig, daar is 'n klomp Engelse ouens wat groot is in CNC wat ook betrokke is (en hulle parkeer nie te sleg nie...).
 

myyak

New member
Agterbaaier, is die beste snoek spinner nie maar die sinkplaat of garfish sipnner nie? Is dit so iets wat jy wil maak of iets meer fancy?
 
Agterbaaier wrote:
Ja ek is ook meer gemaklik in afrikaans ,hier by ons gebruik ons dit maar net vir eie gebruik en selfverdediging. Bennie ,do i need something special for the silicon moulds ,what about air bubbles? Who make the cnc moulds i tried a few places in Cpt but not very willing to help.
Mouldmax is cured using and activator NOT by temperature. Silicone is however effected by moisture. Mouldmax 60 in particular requires very little activator and seems that the curing time is relative to the amount of activator, the longer the better! it is extremely dense and flows well so it is good at expelling air. For best results you could use a gassing chamber but it is not absolutely necessary. Don't mix too vigorously to avoid mixing air bubbles into the mixture.

I had a quote once to make a mould for my spoon and I might still have it made, but for DIY purposes, I cant justify spending R2000 on a mould when I can make a silicone mould for R100.
 

Fanie

Sealiner
Sover ek weet gaan daar 'n domonstrasie wees van hoe om onder andere 'n 'Touch Probe' te gebruik om 'n vorm in die rekenaar in te lees. As jy dus 'n kunsaas het wat jy wil dupliseer 'lees' jy sy vorm in die rekkenaar in en jy kan dan die vorm uit jou materiaal mill.

Vir die ouens wat belangstel in so iets hier is Greg Paxton se web werf http://www.cncdirect.co.za/ en hier is hoe die touch probe lyk http://www.cncdirect.co.za/htm/emc.html

Die CNC klub is gestig deur prof Rudy omdat daar so baie mense is wat masjiene wil he, maar nie die geweldige hoe koste van ingevoerde masjiene (niks word mos in SA gemaak nie) wil betaal nie. Jy kan jou eie masjien bou of een laat bou en Greg maak dit moontlik en bekostigbaar.

Om lepels of spinners te maak is die maklikste en vinnigste waarskynlik om 'n pons te gebruik. Die moderne 'turret' ponse hardloop deur 'n vel materiaal dit lyk soos oe verblindery. Die gaatjies en vorm asook die oppervlak motiewe kan waarskyblik in een operasie gedoen word.

Dieselfde beginsel kan gebruik word om jou eie met die hand te maak as jy 'n handdrukpers wil aanskaf.

Alternatief kan die vorm gelaser sny word en jy timmer en werk dit af totdat dit is soos jy dit wil he. Daar is maar net 'n kompromie in hoeveel tyd en geld jy wil spaandeer en hoe gou wil jy hoeveel maak.
 
Top