Hallo Anties en Ooms. Ek en my verloofde was die 2

kerneelsie

New member
Hallo Anties en Ooms. Ek en my verloofde was die 2de en 9de Oktober by Bronkies gewees. Ek moet se ek was ongelooflik verbaas oor hoe die twee sessies verskil het. 2de Oktober het ons 62 vis vir die dag geland (8am-1630pm) ( 5 x spieelkarp en die res gewone karpies). Die grootste vis was so 1,4 kg. Na die 8ste vis tussen ons was dit duidelik 1) dat daar baie vis die dag gaan byt en 2) dat die vis geen belangstelling in floaties het nie, maar slegs deeg. Ons het gehengel op 40-70m. Dips wat die beste gewerk het was almond en aniseed, en fx met garlic.Wind het maar lekker gestoot, maar geen probleme nie.

Die 9de was totaal anders as die dag. Lieflike weer tot 11:00 am. Ons het 06:50am lyne ingehaad. Na 10 min hardloop my een katrol, 3kg karp, terwyl ek karp skep hol my verloofde se katrol, 2,5kg karp, op pad na keepnet hol my stok(verloor die vis) en 20 sekondes na dit hol haar stok(babertjie). Tot 11 am daai oggend kon ons 20 visse in die net kry. Toe die wind 11am begin waai was daar alge of paddaslyk in die water (daai soort wat soos bostic aan jou lyn plak! so erg dat die vis die hoeklyn snap as hy loop met die eerste vat. Nietemin het ons opgepak en amper-amper letterlik 'n lyn gesny!!!. Daar het die dag (3 x 4-4,5kg), 5 x bo 3kg en dan so paar vissies in en om 2kg gevang. Die dips en ase wat gewerk het was weereens geen! floats nie. slegs pitte en deeg met stuttafords, anchovy sous en dan FX en almond.

Al die visse is weer vrygelaat. Al wat baie hartseer was om te sien, was die hoeveelheid vis wat doodgemaak is (mikstokgate) deur die babertjies en klein karpe. Amper elke keer wat ek by bronkies vang moet ek eers al die visse verwyder wat vermoor is op die kant. Ek weet almal wil altyd groot visse vang, maar mens kan nie altyd kies wat byt nie, so hoop mense kan elke liewe vis met respek hanteer. Nietemin Ongelooflike twee dae se hengel!

As julle nog ietsie wil weet vra gerus:)
 

shuraj

Sealiner
THanks for the report and it is really sad , that people will kill the fish and just leave it there .
 

kerneelsie

New member
:X. I know Shuraj there was also a 6-7 kg carp with a couple of holes in it (killed), but hey Bronkies is a lovely fishing destination. Very clean and safe... just the grass. I just need to find a way to land the bigger fish (6-10kg) during the day, apparently they are only active at night??, but i am not so sure about that one. Harties is also coming allright now!! nice size fish there! Do you guys know of someone who caught a 10kg+ barbel or carp at bronkies?;)
 

Enigma

Moderator
Seen a 23kg caught at Bajadam resort Bronkies, caught on 6 Mielie Pips on Van der Merwe Hook dropped at 300m by canoe.

Caught quite a few Catfish over 10kg, biggest 16kg and biggest Carp I've got on long line is 9.7kg (at the Bluegum tree at the Caravan park
 

kerneelsie

New member
Thanks enigma thats a great size fish. I think with the new "project", in where they are removing fish from bronkies to somewhere else should increase the ave. weight of fish caught(although all the fish I caught there was in great condition compared to vaaldam or bloemhof dam, probably the grass carp causing that in vaal system). I heard the dam is quite overstocked with fish. Enigma tell me please the grass at bronkies...is it a problem year round? Just to clarify I am aware that the silver carp is a filter feeder and especially a problem in amerika...ive seen it. But why would they take a floatie? Is it a case of desperate times calls for desperate measures? Are they only in the arabie dam? Think thats enough questions for now thank you enigma:)
 

Redro

New member
Hi Almal

Dankie vir goeie report Kerneelsie, dit help baie met die aas strategy

Ek beplan komende Vrydag nag sessie by bronkies, lees hierbo van Kerneelsie se report van gras probleem, kan julle my asb. raad gee oor hoe om dit die beste te benader, hengel mens dieper, vlakker of met ligter stroppe .....

thanks
 

kerneelsie

New member
Hallo Redro. Daar is 'n kompetisie by bronkies 31Okt ( ek gaan deelneem). kom ek se so die gras/slyk/alge goed pla eintlik net flippen baie as wind in jou gesig in waai... dis gewoonlik windstil in die aande. kyk die gras is net daar vir die eerste 20m (maar dit is genoeg om mens matig tot goed gatvol te maak) hehe. as jy jou stand bietjie dieper kan vat en bietjie groter gewiggie se M1.5, dan kan jy die stokke hoog stel en lyn stywer maak, sodat die lyn na die alge eers die water ingaan! dit help baie!. ek kon nog die dag visvang, maar die wind het so 30 km/h gewaai so die motivering was redelik groot om op te pak!!! maar soos ek gese het dit kan immers vermy word! Hang af waar jy sit, maar jy hoef nie te vrek diep in te gooi nie die vis le soms vlak... as jy canoe het: roei so 140-160m in en drop 'n hair-rig met 3 x mieliepitte (strawberry en almond werk goed vir my daar). ek het al gesien of gevind dat die groot karpe 6-10kg geneig is om in die aand te byt. As jy kan 140m ingooi - dan mag jy maar hehe en dan sal jy hulle looi in die aand. Ek dink nie die gras is altyd so groot probleem nie, maar ek se mos wind is 'n hengelaar se grootste vriend en ook vyand!! As daar nog iets is vra my gerus ek hoop dit help so bietjie!;)
 

Redro

New member
Dankie Kerneelsie

Ek neem aan dat ons praat van die natuur kant, gaan juis deurnag om te sien of een van daai vetties lyn wil vat, sien dat bronkies is een van jou favorite plekke, gee bietjie raad met watter spots is beste, sien op google earth die bome is maar skaars by die water, sal maar een saamvat en plant vir volgende dag sessie lol
 

kerneelsie

New member
hahaha ja by bronkies natuur...ek hou nie baie van baja nie, maar net my voorkeur. Redro daar is baie meer goeie spots as bome daar lol. Ja nee ek dink jy moet 'n boom daar plant hehe. daar by die bloekombome is 'n goeie spot, asook by die riete. die groter vis in my ervaring was as jy van die 3de moontlike afdraai begin vang. By die ingang is daar badkamers, die tweede stel badkamers (baksteen huis) is daar so rietbos... links van dit langs die riete is 'n lekker spot, dan kry jy die bloekombome, en dan basies langs die riete vang ek lekker van bloekombome af het ek nog nie by al die riete gesit nie, maar eks seker hul sal werk as die ander beset is. Die rede hoekom ek van riete hou 1) keer die wind 2) gee jou meer spasie as meense op mens kom sit:X 3) lok die visse soos bass en babers wat al die vinke, paddas en goggos vreet hehe. Ek love baber hengel... as jy net conventional vang... vat een mieliepit en haak hom skraams en knip die lang deel af en sit degie agter die pit ( maak seker hoeke is mooi proud! as jy vis haak loop maar redelik diep in, sodat hy nie verstrengel en afkom in die gras nie. ::tight:
 

Redro

New member
Dankie Kerneelsie

Sal lekker spot soek met minder gras want wil die aasboot inspan op 2 stokke en ander vlakker hou, defnitief ook baber lyn gooi, op watter aas kry julle die babers daar, ek vang maar gewoonlik met krieke en erties want ek het my eie supply daarvan
 

kerneelsie

New member
Redro die groter babers kom nou en dan op kuikens uit, steek maak en kop goed stukkend. erties werk goed...sit so paar op die hoek en dip dit in molasse as jy het. viskoppe werk ook baie goed- slaan dit lekker stukkend, ek myself gebruik nie krieke nie, maar ek dink dit sal lekker werk. die babers is soms nogal tricky...maar jy sal hulle looi!Laat weet my asb as jy daar was hoe dit gegaan het groot asb! ek dink jy gaan 'n paar mooi visse land daar! laat weet asb watse baber aas hulle gevat het, afstand etc groot asb. ek het die naweek na dit 'n komp daar sal baie help! looi hulle!::tight::):):):)
 

Redro

New member
Ek maak so Kerneelsie, dankie vir al die info rk sal Sondag na al die lekker groot rugby report gee oor my sessie

Stywe lyne
 

Redro

New member
Hi Almal

Was toe Vrygag by Bronkies natuur kant

Kom by dam 15:00 gaan af by 3de ingang en skuif 17:00 tot teen rietbos - wind waai erg met baie gras en slyk aan die lyne
Vang 8 karps tussen 1,2 en 2,5kg - verloor 5 agv slyk en gras
Dips - homemade strawlick en bunspice met baie groen floro
Afstand - 90 tot 120m
probeer vir baber met karpkop en krieke op ander stok maar kry niks.

Meeste vis kom Saterdag oggen tussen 05:00 en 07:00 twee keer 2 stokke gelyk ek op een stok laaitie op ander en vroulief wat so twee twee skep

Toe begin die wind weer en 09:00 pak ons op

Die oewer stink verskriklik as gevolg van dalende watervlak
Komende naweek gaan ons weer Roodeplaat toe

Groete
 

kerneelsie

New member
Aai redro!!! Klink nie of dit baie lekker eas nie shame man!!! Baie geluk met die vissies man!!! Lyk.my as die wind daar waai is dit 'n gemors!!! Vang jul darem lekker by roodeplaat? Waar vang julle daar en waar sit julle dan by die oewer van keuse? Aai dis nou sleg dat julle so gesukkel het! Thanks vir die post! Maar mens vang lekker as die wind nie te erg is nie... dit bly frustrerend as mens nie jou lyne in of uit kan kry nie!!
 

Redro

New member
Hi Kerneelsie

Frustrerend maar dit is altyd lekker om langs water te wees, Roodeplaat is besig om een van my favorites te word, ek kry altyd vis daar, basies elke Vrydag aand daar behalwe maandeindes (wat ek gewoonlik harties toe gaan) want dan is die plek te vol. Ons sit gewoonlik om die draai naby die einde van oord, daar is so plat stuk met 3 lapas, gooi tot so 5m voor die roeiers se balle, baie diep daar, maar ook baie klipperig en stroppe word nou en dan verander agv hoeke wat vinnig stomp word, les wat ek geleer het lol

My beste daar is 6,4kg maar ek het die laaste tyd 2 runs gehad wat ek nie kon stop, sal nie rus voor ek hulle in die skepnet het nie

Sal defnitief meer bronkies to gaan ek het spot gesien tussen daai riete wat ek wil probeer,

Sterkte met jou comp volgende naweek, en laat weet asb. hoe dit gegaan het

Groete
 

kerneelsie

New member
Hahaha as jy niks van my hoor nie dan weet jy!!! ;). Ja ek hoop manet ons kan lekker vang tot 15:30. Waar by harties kan mens veilig oorlaap? Maw die naweeek gaan jy nie roodeplaat toe nie hehehe. Kan mens roodeplaat toe gaan vir dag en ook lekker tempo hengel? Ek hoor mens blank maklik daar...of mens vang oraait? Sit jul by ntvl gronde of by 'n ander oord? Ja mens moet dalk iets soos sliding babyshoestrop vat as jy daar is vir hoeke en so aan??? Maar dit klink baie lekker! Ek soek net lekker plek by roodeplaat waar ek weet mens lekker kan vang (soos mens sou by bronkies harties etc.) Vang jy darem lekker by jou harties spot ook hehe. Thanks vir al die raad baie gaaf! Maar ek sal laat weet hoe dit gegaan het! Die komp het baber prys ook! Ek sal bietjie moet sit en dink hoe ons een gaan vang!!! Want mense sukkel maar met babers daar! Tog is daar miljuisende karpe in daai dam, so kos behoort nie 'n probleem te wees nie...baie dankie redro volg keer oap jy hulle!!!:) sonder al die slyk en gemors
 

Redro

New member
Hi Kerneelsie

Hoe het jou comp afgeloop, jy het seker die vis gelooi, share met ons want ek oorweeg om weer komende Vrydag draai daar te maak, eintlik vriend wat verlof het wat solank vroeg oggend die spot sal kry, either bronkies of roodeplaat is maar aan sy keuse oorgelaat lol
 

kerneelsie

New member
Hallo redro! Ag dit het oraait gegaan. Daar was so 200 mense gewees. Ek het 4de grootste baber en 4 de grootste karp gevang vir die kompetisie! Ja party mense het oorgeslaap en lekker gecheat! Van die visse kon ons sien was langer as net vir die dag in 'n keep net! Altyd iemand wat so sal maak ne?. Maar ja ek hoor die vis byt lekker by roodeplaat! Baie baie mense het geblank of so twee vissies gevang! Dit was maar stil gewees. Ek het darem 13 visse gekry vir die dag. My karp was 3,2kg gewees. Wen karp 4.0 kg. (Naby, maar tog so ver!!! 800 gram en ek was paar duisend rand minder arm lol haha.;). Ekt 'n club komp op bronkies die saterdag wat kom! Hehe. Die vis was hier en daar gevang op alle dips. Ekt wel goeie karp reslutate gekry op molasse en visolie dip kan jy glo?. Ek is lus om bietjie roodeplaat toe te gaan hehe. My raad as jy bronkies vang! Ry tot op die verste punt en hengel op daai bank... daar waar jy laas gesit het is die paddaslyk gemors sleg jong!! En dis redelik diep daar. Ek kon nie my spot kry nie. Babers als op groot erties gevang of so 4erties per hoek met perdeby float. Hehe hoop dit help bietjie?:)
 

Redro

New member
Hi Kerneelsie

Mooi man, 4de grootste baber en karp, nie sleg nie as jy kyk na al die inskrywings, so daars weer komp die naweek. Ja molasse werk lekker, meng dit altyd met my bom wat oorbly na sessie, wat dan gewoonlik begin suur raak al, kom dan by die huis en rol balle wat ek vries en dan volgende sessie gebruik om vinnige voerplek te maak, deesdae kan jy nie bekostig om enigeiets te mors.

Paar vrae
Watter strop gebruik julle vir baber
Wat is die vis olie en maak
Pla die bote nie baie aan daai kant
Hoe diep het jy gegooi

Groete
 

kerneelsie

New member
Hahaha ag ja ek is baie bly oor die resultate! Ek doen presies dieselfde! Rol bolle, vries dit en vinnige voerplek hehe. Ag ek het op so 160 m begin met die m1 en toe later na so 180 geskuif lol hehe. Nee die vis het vlak gedraai...so ek het so 50-80m gehengel heel dag. Nee hier en daar 'n boot, maar bote beinvloed nie rerig die vangste nie aangesien visse gewoond is aan dit. Die dip is chickenblood van mg baits. Die keer het ek die babers sommer op gewone rietvlei srrop gevang tussen deur die karpies... ek het later 'n kuiken gegooi op gewone baber strop, maar hy het van 12pm gele tot komp geeindig het. Maar ja daar is 'n komp by bronkies die naweek wat kom... so dinge mag dalk beknop raak. Ek weet platties werk ook goed by bronkies, hoe wettig dit is weet ek nou nie! O ja strawberry het ook op tyd goed gewerk! My gunsteling dip daai hehehe. Waar vang jy by roodeplaat? Ntvl gronde? Kan mens daar ook leke tempo hengel? Of waar stel jy voor moet mens gaan?
 
Top