Grasscarp

Enigma

Moderator
Good initiative this one Naruto.

trying to explain the difference is difficult but so obvious as soon as you put up pics of the 2 to compare one on one.

Next, Yellow vs Muddie

Large Mouth vd Small Mouth

Large Scale vs Small Scale

Moggel vs Muddie

anyone got pics to post?
 

Mazdadrifter

New member
Sover ek weet is dit een en dieselfde.
Die ander moddervis wat ek ken is die Rooi-neus moddervis, wat baie vollop is in Loskopdam.
 

Ebuks

New member
Hi ouens,

Wat sal die gele wees? groot of kleinbek? dis die eerste ou grote wat ek in my lewe gesien het al. My vriend het hom met krap gevang en het 8.2kg geweeg met 'n lenghte van 97 cm. Ons het hom ook dadelik weer laat gaan.
 

Attachments

  • DSC02191.JPG
    DSC02191.JPG
    52.9 KB · Views: 377

Naruto

Sealiner
Dis goed dat jul hom laat gaan het, net jammer oor daai vingers in die kiewe... Dis verseker n grootbek gele. Mooi vis gewees.
 

Fanie

Sealiner
Naruto wrote:
Dis goed dat jul hom laat gaan het, net jammer oor daai vingers in die kiewe... Dis verseker n grootbek gele. Mooi vis gewees.

Ja ek wil graag aanlas.  Die probleem met meeste vis is dat die vis se gewig te swaar is vir die kiewe om te dra en dikwels beskadig die vis so dat hy dit nie oorleef nie, so hanteer versigtig, hulle is koning in die water maar baie breekbaar uit die water.

Ek het so rukkie terug 'n opvou skepnet gekoop by die Jhb China market vir iets soos R120.  Daar is min visse wat nie daar sal inpas nie.

Pragtige geelvis, jitte amper 'n meter lank is vangdag 'n uitsonderlike vis !  Dalk kan iemand vir ons 'n indikasie gee van hoe oud hy omgeveer was. 6 - 10 jaar ?
 

Fanie

Sealiner
Ek sien daai skepnet lyk so bietjie gebuig :)

Om 'n vis te skep hou die skepnet uit die water en hou die net terug gevou teen die handvatsel met een hand. Sodra die vis in 'n gunstige posisie is om geskep te word, dan steek jy die net met die ander hand onder die vis in die water in. Die vis sal altyd ondertoe binne in die net se opening in duik.

As jy die net in die water hou sien hy die net en gaan met alle geweld van die net af wil probeer wegbly. Dit skakel ook die moontlikheid uit dat die lyn aan die net kan hak of skuur as die vis teen die net verby zip.

Wanneer jy die vis geskep het dan tel jy nie die skepnet op sodat die opening boontoe wys nie. Laat die opening sak sodat die handvatsel boontoe wys. Die net sal pragtig om die vis vou en al spartel die vis, skuur sy lyf byna niks teen die net nie.

Dit skakel ook die risiko uit dat die net se raam sal buig of selfs breek as jy die vis optel. Sagte geweefde net is altyd beter as die harde nylon tou waarvan hulle sommige nette maak.

Daar is natuurlik niks wat se jy moet staan om 'n foto van jou spogvis te neem nie. As jy langs hom op die grond le dan hoef jy nie die risiko te loop dat hy seerkry nie, jy moet maar net oppas dat jy nie so lekker taai klap deur die bek kry met daai stert nie. Dit smaak nie so goed nie ;-)
 

Ebuks

New member
Baie dankie vir al die raad ouens. Ons het nie verwag dat ons so iets daar sou vang nie. Ons was glad nie voorbereid nie, maar dit het veroorsaak dat ek ordentlike net en weegmat gaan koop het. Ek is omtrent nou 'n jaar ernstig op visvang weer na die naweek van daai gele en die klomp mooi karps wat ons ook gevang het. Soos ek aangaan kry ek maar die regte toerusting ens.
 

Naruto

Sealiner
Ebuks wrote:
Baie dankie vir al die raad ouens. Ons het nie verwag dat ons so iets daar sou vang nie. Ons was glad nie voorbereid nie, maar dit het veroorsaak dat ek ordentlike net en weegmat gaan koop het. Ek is omtrent nou 'n jaar ernstig op visvang weer na die naweek van daai gele en die klomp mooi karps wat ons ook gevang het. Soos ek aangaan kry ek maar die regte toerusting ens.
Dis goed om te hoor! Ek hoop jy gaan nog baie leer op Sealine en ons by jou... Welkom hier!
 

Fanie

Sealiner
Ebuks wrote:
Ons het nie verwag dat ons so iets daar sou vang nie. Ons was glad nie voorbereid nie...
Raak solank gewoond daaraan.  As jy by die water kom dan kom die grootes aangeswem ;-)

 

 

Gewoonlik as jy geen gerei het nie wemel die vis.  As jy tot die tande toe toegerus is dan is daar geen vis in sig nie...
 
Top