Eerste diepsee hengelkompetisie van seisoen
Die Mosselbaai Seiljag- en Bootklub (MBYBC) bied Saterdag, 1 Oktober 2011, hulle eerste klubkompetisie vir die jaar aan en sal daarmee ook die SADSAA liga kompetisie hou.
Die liga kompetisie is slegs punte georienteerd waarna vangste vir die gewone klubkompetisie vir pryse kan kwalifiseer. Daar is pryse vir die eerste drie bote met die beste vangste en afsonderlike pryse vir seniors, dames en juniors.
Alle klublede wat by SADSAA geaffilieer is kwalifiseer vir ligapunte. Die klubkompetisie sal soos normal voortgaan met die punte aan klublede soos wat tydens al die kompetisies gehandhaaf word.
‘n Skippersvergadering vind Vrydag, 30 September om 18:30 by die klubperseel plaas waar al die reëls en regulasies uitgespel sal word en enige vrae beantwoord sal word.
Kom ontmoet die nuwe komitee en geniet die dag saam met ons.