Bulk boilie making

christodeb

Senior Member
Vir die van julle wat al gesukkel het om groot hoeveelhede boilies op 'n slag te maak hier is heel moontlik die beste manier om die deeg te knie, asook om die worse uit te druk. Die volgende paar foto's behoort die konsep te verduidelik.

Die belangrikste lesse wat ek geleer het is as volg:
Motor spoed 1400rpm verkieslik sterker as 0.5kw
Pulley op Motor 40mm
Pulley op meul 250mm
Die volgende moet op 'n draaibank gesny word:
Fitting wat die meul laat draai
Fitting waarop die meul vasgemaak word.
Die res van die goed kan met behulp van 'n grinder en flatbar gemaak word.
 

Attachments

  • 20110115_001.jpg
    20110115_001.jpg
    49.9 KB · Views: 139

christodeb

Senior Member
Dit is werklik baie vinnig. Twee van ons het teen 'n tempo van 10kg per uur gewerk. Dit sluit die deeg maak, knie, worse rol, rol met die tafel en kook in. Die deeg word met die boor en 'n verf menger aangemaak. Sodra dit te taai raak, dan gooi jy die res van die meel oor meng effens deur met die hande en sit dit deur die stopper. As die deeg die eerste keer nie perfek uitkom deur die stopper nie, sit dit nog 'n keer deur, dan sal dit perfek uitkom. Ons het egter nooit nodig gehad om die deeg 'n tweede keer deur te sit nie.

Die foto is 40kg wat ons gister gemaak het.
 

Attachments

  • 20110115_004.jpg
    20110115_004.jpg
    51.3 KB · Views: 139

Basspro

Senior Member
Dis smaat - maar dis ook jammer jy kan nie tiger nuts so maak nie !!! dit sou nou 'n ding gewees het !!!!
 

christodeb

Senior Member
LOL! Dit sou baie great gewees het. Ten minste is dit weer een kopseer minder vir my. Ons moet alweer 50kg+ boilies saamvat vir die nasionale proewe.
 

Spinedok

New member
Jy koop hulle by builders warehouse, as custom silicon gun nozzels, waar jy jou eie grotes kan sny, ek koop die deurskynende spouts.
 

christodeb

Senior Member
Snytjie wrote:
Christo, waar het jy die geel plastiek "spouts" gekry om verskillende groottes te maak?
By 5mix in die UK. Hulle verkoop boilie guns ook. Dit was baie goedkoper om die nozzles deur hulle te bestel as by Tacklebox. Dit het my so R160 gekos vir 10 nozzles saam met shipping. Die geel nozzles kan gesny word om boilies tot 35mm te maak.
 
Top