Goeiedag ek wil graag by julle hoor asb. Ek het nog nooit oor 'n boot beskik nie en beplan om dalk in die volgende paar maande vir my 'n klein vissermansbootjie te koop. Ek soek nie 'n groot boot nie maar slegs iets wat darem prakties is vir hengel en ook 'n enjin het wat my tot by die volgende punt op die water kan kry. Maar nou kom die "probleem" in. Ek het op die stadium nie 'n bakkie hetsy 4x2 of 4x4 nie en dit gaan seker 'n probleem wees om die boot binne en buite die water te kry. Wat ek wel het is 'n 1.9 tdi Volkswagen Caddy paneelwa maar ek wil nie in die water beland met my voertuig nie. Ek glo die voertuig het genoeg krag om te sleep maar om die boot binne en buite die water te kry gaan dalk nie werk nie (of kan dit) Ek het wel op die internet gesien in Amerika dat party mense met gemak hulle bote uit die water haal met 'n gewone voertuig maar die enigste verskil is dat die oploop sement of teer is en die water ook naby aan die kant is. Ek sien alreeds in my geestesoog hoe ek in die sand of modder gaan en kan vassit as jy nie 'n 4x4 het nie of erger nog dalk in die water te beland. Goed ek is ook nou darem nie simpel om dit te gaan probeer nie, maar ek wonder net as die omstandighede geskik is en die watervlak dalk bietjie hoër is en die oploop geteer is jy dalk met 'n voertuig soos wat ek het 'n klein bootjie in die water sal kan kry.
Enige terugvoering en advies is welkom.
_seal1__seal1__seal1__seal1__seal1_
Enige terugvoering en advies is welkom.
_seal1__seal1__seal1__seal1__seal1_