NUUT OP DIE FORUM

Gien

Member
Hi,

Ek is nuut op die forum en glo ek kan baie tips optel hier.

Ek gaan in Februarie 2013 vir twee weke Henties toe en wil sommer wegval met 'n vraag of twee:

Kan daar met meer as een stok op 'n slag gehengel word, bv. een stok in die "rod holder" gelaai met bonito kop vir Bronzy en die ander stok in die hand vir eetbare vis?

Watse tipe gerei word aanbeveel vir haaie: dikte lyn, katrol en stok. Ek glo dit hang baie af van persoonlike smaak maar ek sal graag wil hoor wat die manne of vroue wat ken dink.

Sal verslag doen wanneer ek terug kom van Henties af.
 
Top