Hulp nodig vir ladings asb

Exavier

Senior Member
Uiteidelik my lesensie gekry en my "custom build" 7x64 in besit geneem ::S

Het iemand asb vir my laai data, ek hoor die geweer hou van 160g asgv die twist ratio.. Weet iemand dalk??

 
 
Bel die man sy naam is Ferdi sy land lyn is 011 823 1928

cell 082 562 5647

Hy sal jou kan help met die roer se ladings

Hy het meer ballistic en herlaai data as enige iemand wat ek ken.

onthou die tipe punt wat jy gaan skiet sal ook jou ladings bepaal
 

Exavier

Senior Member
@ DWB, ek sal so paar fotos neem en opsit, voel soos n trotse pa. lol.

@ Spyker, baie dankie. Ek sal hom 'n lui gee. Die punte wat ek gaan het is 160g rhino's en dan het ek Norma doppe. Ek het redelike positiewe terug voer gehad oor die Rhino punte en het laas jaar n paar gemsbokke met rino's in die 270 kaliber gejag (dink dit was 150's) met baie goeie resultate. Wanneer gaan jag jy, ek wag in spanning vir jou fotos en terugvoer. Weereens, baie dankie.
 

Light Tackle Hunter

Senior Member
Exavier,

Probeer so 53gn S365 vir omtrent 2875fps,

Begin so 2.5gn onder 53 en werk op. Kyk heeltyd vir druktekens.

 

Geniet daai roer!

Groete,

Eugene
 

ignatius

Sealiner
Light Tackle Hunter wrote:
Exavier,

Probeer so 53gn S365 vir omtrent 2875fps,

Begin so 2.5gn onder 53 en werk op. Kyk heeltyd vir druktekens.

 

Geniet daai roer!

Groete,

Eugene

Eugene,

Dit sal gaaf wees indien jy ook die gewig van die punte byvoeg anders kan dit lelike dinge veroorsaak.
 

Exavier

Senior Member
Dankie julle, ek waardeer dit.
Ek ken vir Jaco baie goed, hy bly skuins oorkant my. Hy is maar meestal n 243 man, maar ek sal met hom gesels. Dankie.
 

cornelius

Senior Member
Die Maart 1996 uitgawe van Magnum tydskrif bevat `n artikel oor die herlaai van die 7x64. Ek glo jy kan nog `n eksemplaar daarvan by Magnum in die hande kry of dalk by `n vriend wat die tydskrifte versamel.
 

KLIPVIS

Sealiner
my eerste 2 bokke was geskiet met plofkoppe of dit het ten minste so gelyk , heheheheheheh jy gee nie kryt vir n 18 jarige man en se laai nie , daai doppie was so vol 365 dat jy niks meer kon inkry nie , hahahahah die gevolg rooibok biltong oor n area van 10 meter , my eerste bok eintlik was n klein vlakvark , op die blad geskit dat al sy binne goed en ek bedoel alles ander kant uit is , die exit wound was seker 30cm groot.HAHAHAHAHAHA

MY 7 X 64 het tot vandag nog nie gekwes nie , maar so paar keer gemis al.Touch wood !

geniet jou geweer my maat.

 
 

Exavier

Senior Member
Dankie julle. Ek het intussen 'n paar ladings gekry. Baie in my noppies en het gister 2 kudus geskiet. Kon nie regtig kyk na vleis skade nie aangesien altwee kop skote wat. (Fyn brag).

Groete
 

KLIPVIS

Sealiner
as jy kan skiet kan jy skiet ! hoe het julle die bokke uit die kraal uit gehaal ??? hehehehe grappie !!!!!

 
 

Exavier

Senior Member
Dankie YMAN, ek het gaan loer.

 

Klip, dit was my maklikste koedoe jag ooit. Ons het vroeg die oggend gery om die plaas te verken en tel toe sommer klaar 32 koedoes. Ek het die middag so 4uur 'n draai gaan loop en teen 18:00 my twee geskiet. Een op so 40m en die ander op 110m.  Ek het geskiet vir die kombuis bokke en dus nie groot bokke geskiet nie. Gewigte uitgeslag was 92kg en 111kg.

Mens besef weer hoe bevoorreg jy is om dit nog te kan doen.
 
Top