| ||||||
SEALINE - South African Angling and Boating Community > Freshwater Angling > Barbel Forum > Baber hengel vanaf kano in vaalrivier. |
Moderated by: Ryan, Emperor |
|
Baber hengel vanaf kano in vaalrivier. | Rate Topic |
Author | Post |
---|
Posted: Mon Feb 14th, 2011 12:09 pm |
|
1st Post |
Jakes76 Member
![]() |
![]() Het die naweek vanaf 'n kano 33 babers geland , naby die ou feesgronde diskant Parys. Het 'n Shadprop (dobber) gebruik , met 'n 1 meter strop , 6/0 mustad big red hoek en my aas was kuikens , slakke en beeshart in repe gesny. Die gewig het gewissel vanaf 3kg tot en met 13 kg , maar dit was vet pret vanaf die kano.
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Mon Feb 14th, 2011 12:52 pm |
|
2nd Post |
r2d2c3po Member ![]()
![]() |
Klink na vet pret Nou waneer nooi jy bietjie die PTA kayak ouens om saam jou te kom vang?
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Tue Feb 15th, 2011 10:07 am |
|
3rd Post |
Skuimkop Sealiner ![]()
![]() |
Jakes welkom hier by Sealine maar nou het jy jouself in 'n ding in. lol Vertel GROOT asb meer van hoe jy van die kanoo af baber vang want ek gaan binne kort ook die faset van baber hengel tackle so enige info sal baie waardeer word.
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Tue Feb 15th, 2011 12:14 pm |
|
4th Post |
Jakes76 Member
![]() |
![]() Jong , ek is geen ekspert nie , en het saammet 'n vriend , (ek weet nie of hy op hierdie forum is nie , sy nick is mombakkies) wat 'n kenner is gaan hengel. Hy het my in 'n japtrap geleer hoe en waar. Ek het maar basies agter hom aan geroei en dan het hy my vertel , gooi daar ens. Ek sal by hom hoor , dan stuur ek vir jou sy mail adres , dan sal hy jou beter kan help.
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Tue Feb 15th, 2011 04:56 pm |
|
5th Post |
Skuimkop Sealiner ![]()
![]() |
Is sy naam Jacko by any small chance en ek dink sy van Smith? En hy moet 'n groot man wees wat by die myne werk.
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Tue Feb 15th, 2011 06:35 pm |
|
6th Post |
Fanie Sealiner ![]()
![]() |
Hi Jakes, Ek het as kind op Potch gebly en daar skoolgegaan (ook waarskynlik waar ek die knou in die lewe gekry het). Ons het 'n paar keer daar stroom af van die brug op 'n eiland gaan 'kamp', ek weet nie of die eiland nog daar is nie. Oppas vir Skuimkop, hy maak asof hy nie kan vis vang nie, hy gaan daai deel van die vaal 'n lelike knou gee as jy hom daar gaan toelaat. Die ouens in die Oranje wou hom laas daar wegjaag want elke keer as hy die baber uit die water haal dan sak die rivier so bietjie. Ek se dit was 'n goeie ding anders was die onlangse vloed skade daar erger gewees !
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Wed Feb 16th, 2011 05:31 am |
|
7th Post |
Jakes76 Member
![]() |
Hahahah Lyk my ek moet passop vir Skuimkop. Skuimkop ja , dis hy daai , hoe ken jy hom?? Ek en nog paar vriende het hom die nick Mombakkies gegee toe ons saam gaan hengel het , en hy die kleinste vis gevang het lol. Ek sien hom vanmiddag , dan sal ek met hom praat , die gelukkige @#@ , ry Vrydag vir 'n hele week bloemhof toe om snorre te gaan jag!!!
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Wed Feb 16th, 2011 07:02 am |
|
8th Post |
MarvelousMark Senior Member ![]()
![]() |
Hi Jakes. As ek jou was, het ek gedrift in die rivier vir die snorre..!
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Wed Feb 16th, 2011 01:31 pm |
|
9th Post |
Skuimkop Sealiner ![]()
![]() |
Ons ken mekaar so deur die forums en het mekaar laas jaar by Roslea's se barbare kompetisie ontmoet. Ons ruil ook baie info uit oor snorre hengel en nou is hy in die sop omdat hy niks van die kanoo storie gese het nie, hahaha Ja hy is nogal 'n lucky bliks#m en hy gaan saam met sy broer as ek dit reg het so ek hoop sy familie kry ingroei toon naels. lol
|
|||||||||||||||||||||
|
Posted: Wed Feb 16th, 2011 01:36 pm |
|
10th Post |
Skuimkop Sealiner ![]()
![]() |
Hahaha ek lag my pap, dit was mos 'n bet wat hy verloor het dat sy naam Mombakkies geword het.
|
|||||||||||||||||||||
|
Current time is 06:45 am | |
SEALINE - South African Angling and Boating Community > Freshwater Angling > Barbel Forum > Baber hengel vanaf kano in vaalrivier. | Top |
![]() |