cape carpers

andriesyssel

Senior Member
HULLE IS OUENS WAT JOU OP SPESIE HENGEL TRIPS VAT IN DIE KAAP .MY GIRL HET VIR MY N TRIPIE GEREEL SAAM MET HULLE .DAAR GEKOM EN NET EEN BIER GEKRY . NIE DAT EK OP N DRINKING SPREE WAS NIE . DIE MAN SAAM WIE EK WAS HET GEDRINK TOT LAATNAG.DIE BRAAI WAARVOOR EK BETAAL HET WAS TOE N SNY BROOD MET BAKE BEANS.DIE VOLGENDE OGEND WAS HY WEG .HY HET MY BY DIE DAM GELOS SONDER KOS OF WATER EN DRIE KINDERS WAARVAN DIE JONGSTE EEN OMTRENT 4 WAS.HULLE HET MEKAAR AMPER VERSUIP. EK HET TOE MY GOED GEPAK EN GERY.EK IS NIE IEMAND WAT VOL NONSENS IS NIE MAAR JY LOS NIE IEMAND WAT BETAAL VIR IETS NIE.HY KEN MY VAN GEEN KANT AF NIE EN LOS SY KINDRES NET DAAR . DIE VENU IS BAIE VER IN DIE BOS .TOE EK HOM BEL EN SE HY SKULD MY N TRIP HET HY GESE EK IS DIE EEN WAT WOU LOOP. WEES GEWAARSKU DIE OU WEET NIE WAT HY DOEN NIE !
 

Vleipadda

Senior Member
Ek ken die persoon en het al baie hulp ontvang van hom maar nog nooit gaan saam hengel nie al was ek al vele kere saam genooi , dis hoekom ek gevra het , hy kom nie voor as so 'n persoon nie .

Ek wil egter nie sleg praat van niemand ni aangesien ek nie die feite het nie

Skuimkop - ek sal jou die man se besonderhede stuur jy ken hom dalk met 'n ompad
 

andriesyssel

Senior Member
sorry as ek op tone trap.maar dit is wat hy gedoen het.ek het met baie mense gepraat wat ek by die dam ontmoet het wat se die ondervinding was sleg. miskien moes hy dinge met my uitsorteer en my op n trip vat wat ek voor betaal het.ek is nie kwaad vir hom nie . die ding is ek het 2 maande gewag om verlof by die werk te kry om te gaan .
 

JENEL

New member
@andriesyssel, Jy kla oor die drank en kos maar het hy jou darem gehelp om jou tou wys te maak en lyne in te kry en jou meer oor die faset van hengel in te lig? Hoekom het hy net gery en sy kinders by jou gelos sommer om enige iets vir jou te se en het hy 'n rede agterna gegee. Wat het jy met die kinders gedoen toe jy besluit om op te pak en te ry?

Ja, dit is nie lekker om vir iets te betaal en jy kry nie waarvoor jy verwag en betaal het nie. Dit is hoekom ek van die begin af sessies bygewoom het met ouens wat al lank in die game is en maar so geleer en spandeer liewer my geld op goeie endtackle.
 

andriesyssel

Senior Member
Hy kon my nie veel wys maak nie. Hy het sy manier van vang en skiet ander ouens se plane af .dit is baie moeilik om iemand in die kaap te kry wat jou sal help.Ek volg maar Martin Louw se raad wat ek in die stywe lyne lees , dit het gemaak dat ek baie meer vis vang . Ek gaan nie weer iets se oor die ou nie. maskien het hy moeilikheid by die huis gehaad en wou hy my nie se nie Ek probeer net leer hoe om groot karp te vang en veilig terug te sit . Ek het ouens ontmoet wat my gehelp het met my hooklinks so ver so goed .
 

andriesyssel

Senior Member
Ek he n paar ouens ontmoet wat spesie hengel gelos het omdat niemand hulle wou help nie . Ek weet die mense help nie somer nie omdat hulle bang die mense haal die vis uit die dame uit .Ons is nie almal so nie. Al wat jy kan doen is help en hoop vir die beste .Ek het al baie groot karp se lewens gered deer mense te wys hoe om hulle te vang en vry te laat.Karp hengel gaan nog moeilik raak vir almal omdat dit n uitheemse spesie is ,daar is dame in die kaap waar hulle mense vra om die karp uit te vang. nie dat ek dink dit is moontlik nie .
 

Snytjie

New member
Andries,

Jy is nie die eerste ene wat kla oor "spesie hengelaars in die Kaap wat nie wil help nie". Daar is egter iets wat jy in gedagte moet hou: op hierdie stadium is daar waarskynlik minder as 10 ouens wat aktief spesiehengel toepas in Kaapstad en omgewing. Van hierdie hengelaars, is daar waarskynlik 5 of minder wat gereeld (meer as een keer per maand) hengel. Hier is 'n klomp ouens wat weet wat hulle doen, maar wat weens persoonlike omstandighede vir maande lank al nie hengel nie. 'n Paar van die ouens wat aktief is, is ook besig om sensitiewe waters hengel en kan nie die kans kan vat om iemand saam te neem nie. Daarmee bedoel ek dat hulle as individue al reeds erg sukkel met huiseienaarsverenigings, voelkykers ens, en nie nog ander hengelaar kan byvoeg op die bank nie.

 
Wat Cape Carpers en die sg "Kromrivier sindikaat" aanbetref, gaan jy baie uiteenlopende opinies kry deur maar net die forums deur te lees. WAT OOK AL die waarheid is, moet jy asb net nie 'n veralgemeende opinie vorm oor alle spesehengelaars gebaseer net op een of twee ervarings nie: Dave of enige ander hengelaar verteenwoordig verseker nie die hele groep nie.


Ek (SACS Weskaap se verteenwoordiger) en Skuimkop (voorsitter van 'n sosiale hengelklub) probeer ons bes om 'n seminaar gereel te kry. Dit gaan beide 'n konvensionele- en spesiehengel seminaar wees, en ons hoop om vir Loutjie Louwies en Gilbert Foxcroft af te bring daarvoor. Ek wil egter wag vir die SCAS seminaar later die maand om af te loop, sodat daar geleentheid is om persoonlik met Loutjie hulle te praat oor beskikbaarheid en pryse. Gaan kyk op Capetownfishing se forum vir meer detail.

Tot en met dan, is daar tonne informasie op hierdie forum en ander. As jy bietjie tyd spandeer en daardeur sif, sal jy sien dat spesiehengel eintlik eenvoudig is en van 'n paar basiese tegnieke gebruik maak. So sou jy by Martin ook geleer het: hy gebruik immers een strop en dieselfde grondvoer vir 80% van sy hengel.

Dit moet 'n frusterende spulletjie vir ouens soos jy en Vleipadda wees was wat so graag praktiese ervaring wil kry maar dit net nie reg kry om iemand langs die water te ontmoet nie. Jy kan egter nie sommer se dat ouens in die Kaap nie wil help nie: hier is nie eintlik ouens wat kan help nie. As jy weer gaan vir 'n sessie, pm my hier op sealine. Ek sal kyk dan of ek 'n draai kan maak, dan gesels ons bietjie oor die hengel. Dalk kan ek jou 'n paar basiese goeters wys. 
 

Skuimkop

Sealiner
Snytjie dis waar wat jy sê van die spesie manne is maar saai hier in die Kaap maar ek glo ook dit is in die begin stadium om 'n ommekeer te maak en met manne soos jy ook nou in ons geweste sal dit dalk net vinniger kan gebeur. Dis ook een hoofrede dat ek Loutjie verlede jaar hier wou kry en na my gesprekke met jou die jaar glo en hoop ek ons sal iets uitgerig kry.

Vir die manne wat wil leer spesie hengel wil ek net vra om nog bietjie vas te byt en nie op te gee om eendag spesie hengel te leer en beoefen nie.
 

andriesyssel

Senior Member
Baie dankie ouens , ek weet daar is n dam waar net spesie hengel gedoen word.Ek het eendag daar verby gery en met mense gepraat wat daar werk. Die ouens aan wie die plek behoort sal ek nie hier noem nie ,ek wil nie op nog tone trap nie .maar om daar in te kom is baie duur en jy moet goedgekeer word. ek glo nie ek is al op daai vlak nie.My vis was op n maklike venu gevang .
 

Superman

New member
Goed om te weet oor Cape Carpers, ek wil nie my tyd mors met 'n prys wat ek gewen het nie. En wat ek nog nie kan verstaan nie is hoekom van die ouens so bang is om iemand te wys wat in spesiehengel aangaan. Is hulle bang die ou vang groter vis as hy of wat? Maar laat hy net 'n groot vis vang op 'n verkeerde manier dan is die ou wat hom nie wil tou wys maak nie die eerste een wat kla oor die tegniek en equipment wat hy gebruik. My 2c
 
Andries,

Stuur my 'n pm en ek sal jou leer wat ek weet van groter karpe vang in die kaap.

Dave White is Cape Carpers. Dis nie 'n groep ouens nie maar een man. Wat Kromrivier aanbetref - die laaste storie wat ek gehoor het was dat jy met die plaasvoorman kan reel om daar te gaan vang. (Ek het so baie stories van die plek gehoor dat ek weet nie meer wat die reeling is nie). Ek gaan nie slegte dinge van Dave se op 'n ope forum nie. Wat ek wel sal se is dat jy is nie die enigste een wat so 'n ervaring met hom gehad het nie en ja hy het sy eie maniere van visvang.
 
Top