Dafishking
Senior Member
Voorspoed vir jou ook mobi ek en verloofde gaan ook in leentjiesklip wees miskien kan mens organise vir ñ hele blok as nog manne gaan join.
Wikus jy is darem stil deesdae. Ek sal kyk ek dink ek het nog so bietjie rooi aas van so 4 winters terug wat ek sal saam bring laat jy weer bietjie na aas kan ryk. Sien julle manne dinsdag.
Ai ai ai....moenie worry nie, ek was so lank laas by die water ek sal van voor af moet leer om te gooi...lol...moet sê as mens so by die huis sit dan dink mens allerhande tjol uit wat ek nou meer gaan experimenteer as ek weer by die water is...lol...dis een van die redes hoekom daar gereeld 'n vissie huistoe kom...^^..^^..^^..Ek sal waarskynlik by Dinsdagaand se meeting wees maar omie dokter het gemaan teen enige onverskillighede soos om visstokke of iets dergliks vir die volgende maand vas te hou. Is afgebook tot 18 Jan maar siende dat ek Woensdag weer kar mag bestuur om werk-toe te ry, kan ek nie sien hoekom ek nie al Dinsdag aand Durbanville-toe kan ry nie. Hopelik sal die onlangse ou rug "proseduretjie" my eersdaags toelaat om verder as 90 meter te kan cast sonder om te vrek van die pyn. Shit, oudword is nou eenmaal nie vir sissies nie... he he
Watch out Wikus en Jason, een van die dae looi ek daai gewiggie ook oor 160 meter!! (I wish.. he he)