yellow activator

hsventer

New member
ek wil graag uitvind wat is die doel van yellow activator, waar gebruik mens dit en hoe. ek hoor mens kry ook red activator. ek is maar die gewone ou papgooier wat snet so nou en dan gaan vang maar ek lees graag op oor die goed en dit kom nogals greeld voor.
 

hippo

New member
Hi HS,

 

Yellow Activator, is basies 'n geel garlic (laat my baie aan Supercast se Devils Fork dink (net nie so dik nie nie)) - word deur Trucella (Johan Marx - trucellamatchfishing@yahoo.com) gemaak.  Ek is seker dat hy jou ook van goeie raad kan voorsien.

:fswim
 

CARP1

Sealiner
Dis seker die potentste Garlic wat ek nog teegekom het.Maak seker die wind waai weg van jou af as jy hom spuit,anders traan jou oe vir 'n week....;-)
 

Wernerbloem

New member
Baie goei dip daai, ek gebruik die dip as die wind sterk waai en self as die vis van die byt af gaan het dit vir my resultate opgelewer. Ek se altyd as ek net toegelaat word om met drie dips te hengel sal dit die volgende wees:
1. Yellow Activator ( Die dip is n moet in elke hengelaar se kas)
2. FX
3. Perdeby (Rooi)
 

Brakkanjan

Senior Member
lol Carp, ek het 'n baie potent 50 ml Garlic in my kas wat ook deur Trucella gemaak word : Witbaas.

Ek het die botteltjie gekoop nog voordat die sprays uitgekom het. Nog altyd net so olie lagie bo-op.

Ek weet sommige ouens glo Garlic is 'n caller, maar moet nie te veel gooi nie want jy kan die vis afskrik. Sekere ouens glo om dit weer veral n die winter te gebruik as dit koud is, baie ouens gooi dan veral die sterk geure.

Ek sien Naruto hou daarvan om 'n garlic degie vir die Vaaldam te maak.

:::S
 

CARP1

Sealiner
Ek het daai deng hier by die werk gehad om 'n kollega te wys,en toe spuit ek (sonder om eers te ruik hoe sterk hy is)so 'n halwe spuitjie hier in die kantoor.

Daai dag het uitk...k 'n heel nuwe betekenis in my lewe gekry....;-)

Ironie is dat ek hom nou al 'n paar keer gebruik het,maar nog niks opgetel het nie.Dalk spuit ek te veel op,of so iets.Het hom al op sy eie gebruik,en dan ook in verskeie kombinasies.In kalm weer en ook in sterk wind.

Maar ek sal nog sy trick agterkom.
 

Brakkanjan

Senior Member
lol Carp ek kan glo jy het moeilikheid gekry. Ek self het nog nie met bv garlic saam met iets op die bol vis gevang nie, maar het baie baie goeie resultate met GTV of Devils Fork al gehad wat garlic in het.

Ek het my GTV net 'n spuit opgesit en nou loop daai dip oop kole.

Ongelukkig is my visvang planne vir die volgende 2 weke mislukkend omdat ek WATERPOKKIES opgedoen het. Kan jy glo?

 

:fbash
 

hsventer

New member
baie danklie vir julle almal se insette. dit lyk vir my dat dit maar 'n must have moet wees in my viskas. stekte metdie waterpokkies..
 

CARP1

Sealiner
Op jou gevorderde ouderdom?Sorry om te hoor,Brak.Sterkte en pas jouself op.Dis nie kinderspeletjies as mens dit op ons ouderdom kry nie.
 

Brakkanjan

Senior Member
Op my gevorderde ouderdom ja lol, ek weet van ouens wat 'n potjie gemaak het langs die dam en garlic vergeet het. Hoor hulle het toe sommer garlic konsentraat ingegooi. Weet darem nie of ek dit dal try nie.

 

Is daai Social wat julle ouens beplan steeds aan die Desember?
 

CARP1

Sealiner
Nie 'n manier hoe ek daai trick gaan probeer nie.

Het eenkeer baie erg Fluoro in my bom gehengel,en soos dit maar gaan as mens besig is met vis gryp jy sommer vinnig 'n stukkie vleis en eet sommer met die hand.

Wel,gyppoguts is nie jou maat nie,en die fluoro werk ook maar deur....;-)

Lyk nie meer so nie,Brak.Die manne hardloop wild rond met werk en stocktakes en daai goedjies,maar ek begin werk aan 'n Bloemhof trip einde Maart/begin April.Nie as 'n social nie,maar sommer net 'n klompie mense wat 'n lekker trippie doen.
 

Bruggie

Sealiner
Dit is gewwonlik maar die storie dat iets altyd opdok, maar laat jy nou nie vis wil gaan vang nie, dan sal niks voorval of gebeur nie.

Ek dink die social gaan nie gebeur nie, wel weet nie wat die ander manne dink nie. Ek moet ook my huis se teels klaar lê anders is daar niks visvang vir my volgende jaar nie!
 

Waldok

Senior Member
Waar is Naruto in die wereld, lanklaas iets van hom gehoor, of verbeel ek my net.

Oor die thread, ek verkies Devils fork bo die Yellow activator, maar dit is maar n persoonlike ding aangesien ek baie sukses al met Devilsfork gehad het.
 
Top