SSEC:WC Competition 4 December 2010 - Macassar

Mobi Dick

Sealiner
@ Jason as jy by die sessie is sal ek vir jou 'n bier koop - jy hoef nie eers te gooi nie en vir die ander manne - die aanbod was net geldig vir die eerste sessie. Ek het mos redelik lig daarvan afgekom, maar het gesien dat ek net sowel my g@t kon gesien het soos julle ouens gooi. Ek is egter bereid om met Wikus saam te stem - die ou wat my 140m kan laat haal sponsor ek.

Op 'n meer ernstige nood ek het seker so 4 jaar terug vir my 'n Purglas 400/3 gekoop waarmee ek nog nooit kon reg kom nie - haal nie eers behoorlik 90m nie. Die katrol wat ek gebruik is 'n Daiwa SL50 en party manne se hulle gooi lag lag 150m + met daai setup. Lyn wat ek bebruik het was Maxima 12.5 kg (Dink dit is so .45) en 'n leader van 16 kg ook Maxima (Dink dit is so .55). Ek gebruik 'n 8 oz sinker saam met bogenoemde.

Nou wil ek graag van julle ver gooiers weet wat moet ek verander om my afstand met die setup te verbeter, want ek begin nou al sleg voel omdat die stok vir die afgelope paar jaar le en stof vergader.
 

Marthin

Sealiner
mobi dis die een vistok wat ek nog graag wil he... Sal graag wil sien as jy met hom gooi, maar ek suspect jy gee hom nie genoeg pakslae nie, en dus load hy nie lekker nie.
 

JasonF

Sealiner
Mobi Dick wrote:
@ Jason as jy by die sessie is sal ek vir jou 'n bier koop - jy hoef nie eers te gooi nie en vir die ander manne - die aanbod was net geldig vir die eerste sessie. Ek het mos redelik lig daarvan afgekom, maar het gesien dat ek net sowel my g@t kon gesien het soos julle ouens gooi. Ek is egter bereid om met Wikus saam te stem - die ou wat my 140m kan laat haal sponsor ek.

Op 'n meer ernstige nood ek het seker so 4 jaar terug vir my 'n Purglas 400/3 gekoop waarmee ek nog nooit kon reg kom nie - haal nie eers behoorlik 90m nie. Die katrol wat ek gebruik is 'n Daiwa SL50 en party manne se hulle gooi lag lag 150m + met daai setup. Lyn wat ek bebruik het was Maxima 12.5 kg (Dink dit is so .45) en 'n leader van 16 kg ook Maxima (Dink dit is so .55). Ek gebruik 'n 8 oz sinker saam met bogenoemde.

Nou wil ek graag van julle ver gooiers weet wat moet ek verander om my afstand met die setup te verbeter, want ek begin nou al sleg voel omdat die stok vir die afgelope paar jaar le en stof vergader.

Om jou beter te laat voel haal die stof van die stok af......LOL

Bring n paar 6 en 7oz sinkers saam. Dit mag dalk n kwessie wees dat jy die stok oorlaai. Lyn kan miskien ook ligter wees, miskien so 11kg. Onthou as jy van die strand af visvang het jy nie baie dik lyn  nodig nie maar wel distansie. Moenie bang wees oor hoe groot vis jy kan vang met dun lyn nie. Die duckbill op my avatar was met 11kg lyn gevang.

Bring daai setup saam net soos hy is en on kyk na hom. Dit gese as ek daar kan wees anders is daar n paar ander manne wat ook kan help.
 
Mobi Dick wrote:
@ Jason as jy by die sessie is sal ek vir jou 'n bier koop - jy hoef nie eers te gooi nie en vir die ander manne - die aanbod was net geldig vir die eerste sessie. Ek het mos redelik lig daarvan afgekom, maar het gesien dat ek net sowel my g@t kon gesien het soos julle ouens gooi. Ek is egter bereid om met Wikus saam te stem - die ou wat my 140m kan laat haal sponsor ek.

Op 'n meer ernstige nood ek het seker so 4 jaar terug vir my 'n Purglas 400/3 gekoop waarmee ek nog nooit kon reg kom nie - haal nie eers behoorlik 90m nie. Die katrol wat ek gebruik is 'n Daiwa SL50 en party manne se hulle gooi lag lag 150m + met daai setup. Lyn wat ek bebruik het was Maxima 12.5 kg (Dink dit is so .45) en 'n leader van 16 kg ook Maxima (Dink dit is so .55). Ek gebruik 'n 8 oz sinker saam met bogenoemde.

Nou wil ek graag van julle ver gooiers weet wat moet ek verander om my afstand met die setup te verbeter, want ek begin nou al sleg voel omdat die stok vir die afgelope paar jaar le en stof vergader.
Mobi, bring daai setup, ek gaan jou help om daai sinker tot 140m te gooi, gaan gou vir jou 'n e-mail stuur....
 

Marthin

Sealiner
Strepie wrote:
Hannes101 wrote:
WP clubs gaan sand vote. Moenie huil as hulle bronzies tussen jul cob asies trek nie.
Ek knip 'n lyn baie vinnig af......:fbash:fbash
Ja nee pappie, as jy skeef gooi, ek rook mos heeltyd... oeps daar gaat hy....  Sal maar moet sien of die mense maniere het en of hulle net sal kom in donner as jy klaar op n plek staan.
 

kaspaas

Sealiner
Om terug te kom tot die onderwerp van afstand gooi. Soos julle laas by die meeting sou gesien het sukkel ek om selfs 100 meter te haal, al gooi ek net met 'n sinker. Ek het voor ons laaste vergadering reeds aangebied dat ek 'n laaaaaang soop sal koop(of selfs meer as die omstandighede dit regverdig) vir die ou wat my kan kry om my afstand tot 120 meter of beter kan help verbeter. Die oefening het egter ontaard in 'n kompetisie van wie gooi die verste en hoewel ons almal moerse impressed is met die afstande verkry deur sommiges, het dit my self bokkerol gehelp. Ek besef egter die tyd was helemal te kort vir enige konstruktiewe hulp, dus hoop ek maar julle ouens wat die loodte dubbel so ver as ek gooi kan hierdie keer iets in my mondering sien wat ek met vrug kan regstel en uiteindelik meer afstand kry.

Ek weet ek is die eerste een wat altyd aanvoer dat die meeste groot eetvis word gewoonlik nader as 80 meter gevang, maar hell, dis darem ook lekker om so nou en dan jou aas net sover as die ander ouens te kan gooi. LOL:wfish
 
Kaspaas, jy's reg, verlede meeting het dinge woes gegaan, maar die keer is daar bystand vir die manne wat dit nodig het. Onthou net manne, hoe swaerder die "stroke" van die stok, hoe verder kan julle gooi as die stok mooi geload kan word.
 

Anchorman

Senior Member
Julle manne het een belangerike ding vergeet, soos die krieketspelers altyd sê, "dis als in die timing" AS j op verkeerde oomblik die spoel laat los, dan vlieg jou sinker oor almal se lyne of dit kan selfs in 'n lekker kraaines ontaard. So my motto vir die gooi slag is, speed, power en timing!
Oh en ek like nie die idee van in 'n lyn staan nie, want ek het 'n aanloop nodig om spoed op te bou.
onthou, F = m*a
 

DJP

Sealiner
As julle windons soek sal ek vir julle maak, dit help ook met die gooi want jy het meer grip met jou duim om spool vas te hou, veral as dit nat is en daar is nie lelike knope wat jou vingers kan oop sny as dit glip nie.

Stuur maar pm as julle belangstel, ek bring klaar vir Faheem 'n paar. Prys sal afhang van hoeveelheid wat bestel word.
 

kaspaas

Sealiner
Strepie wrote:
Marthin wrote:
Maar as jy karp vang hoef jy mos net so 30m te gooi?
Snap. Wou nou net dieselle post. Lyk vir my die oom met die alter egos het nou sy eie SSFWEC:WP begin.......


LOL, Ek het die snappy tussen al my ou fodies raakgeloop toe ek weer 'n slag op 'n memory lane trip was. Kannie onthou hoe oud ek was nie maar die ou Volskub Karpie het 'n volle 35 pond op my oorle ma se kombuisskaal geweeg. Daai dae was daar natuurlik nie 'n kans dat enige hengelaar so 'n vis sou loslaat nie. Daar is mos nog baie waarvan hy kom.....

Terloops, praat van 30 meter gooi. My PB Leervis was op sowat 60 meter met plug gevang maar beide my PB's vir Kabeljou (16,7 kg) en Steenbras (14 kg) was op niks verder as sowat 30-40 meter gevang nie. Ek vra weer die vraag: Hoeveel van julle het julle PB's van enige eetbare vis op verder as 80-100 meter gevang?

Nog iets interressants. Die karp op my avatar was in die Moreletta spruit Noord van Pretoria gevang, dus sowat 20 meter van die kant. Was op 6" stokkie, Point Professional koffiemeulkatrolletjie en 8 lb breekkrag lyn. Sowat 45 minute geneem om hom uit te kry. Het my al met die spruit te oewer op en af gejaag tot beide hy en ek kapot was. Al my ander groot karpe was egter op afstand 250-300 meter gevang. Lyne wat met kano ingeneem was. Weird maar waar. Varswater diep en see vlak....
 

Anchorman

Senior Member
Wat jy daar sê is waar kaspaas, maar ek het al meer as een keer moes swem en nogsteeds meer as 100m gooi om by die vis te kom, parykeer lê hulle en wei net agter daai sandbank of drop off. Dit hang mos maar af van dag tot dag en mens moet maar die see lees soos 'n boek om te ontsyfer of die vis vlak lê of diep.
Ek het al gesien hoe mens die kabeljoue hou vir hou vang op so 20m van die kant af en ek het al self steenbras gevang by meob baai, dat wanneer jy kap en jy mis, dan moet jy sommer koes ook, want dan kom jou sinker verby gevlieg so vlak lê die vis.
Op die ou einde moet mens jou gooi afstand kan beheer en dan afwissel tot jy die vis kry en daai ekstra bietjie afstand is soms die sleutel!
 
kaspaas wrote:
Strepie wrote:
Marthin wrote:
Maar as jy karp vang hoef jy mos net so 30m te gooi?
Snap. Wou nou net dieselle post. Lyk vir my die oom met die alter egos het nou sy eie SSFWEC:WP begin.......


LOL, Ek het die snappy tussen al my ou fodies raakgeloop toe ek weer 'n slag op 'n memory lane trip was. Kannie onthou hoe oud ek was nie maar die ou Volskub Karpie het 'n volle 35 pond op my oorle ma se kombuisskaal geweeg. Daai dae was daar natuurlik nie 'n kans dat enige hengelaar so 'n vis sou loslaat nie. Daar is mos nog baie waarvan hy kom.....

Terloops, praat van 30 meter gooi. My PB Leervis was op sowat 60 meter met plug gevang maar beide my PB's vir Kabeljou (16,7 kg) en Steenbras (14 kg) was op niks verder as sowat 30-40 meter gevang nie. Ek vra weer die vraag: Hoeveel van julle het julle PB's van enige eetbare vis op verder as 80-100 meter gevang?

Nog iets interressants. Die karp op my avatar was in die Moreletta spruit Noord van Pretoria gevang, dus sowat 20 meter van die kant. Was op 6" stokkie, Point Professional koffiemeulkatrolletjie en 8 lb breekkrag lyn. Sowat 45 minute geneem om hom uit te kry. Het my al met die spruit te oewer op en af gejaag tot beide hy en ek kapot was. Al my ander groot karpe was egter op afstand 250-300 meter gevang. Lyne wat met kano ingeneem was. Weird maar waar. Varswater diep en see vlak....
Kaspaas, my pb's vir Kabeljou en Steenbras is gevang op almal oor die 100m+ merk....
 
Top