Hoe ver om te gooi vir groot baber in die Vaalrivier

Fanie

Sealiner
Oom Cliff het my vertel van die ouens wat daar by die Barage in die Vaalrivier so ver ingooi.  Nou vir die ouens wat nie weet nie die Vaal is seker so 2km wyd daar.

Die algemene ding is mos maar om bietjie ver te gooi ne'.   Nou se Oom Cliff die maat het ook daar aangelom langs hulle so laat middag,  rustig sy goedjies reg gekry.  Gaan glo kwansuis baber met polonie vang.

Nou so teen skemer aand is die out toe nou uiteindelik reg vir die baber vangery.  Hy stap so tot by die knie die water in en trap daar vas en gooi een ma se gooi.  Die maat staan toe nou maar daar in die water rond en wag dat die aas uiteindelik af kom aarde toe.  Toe hy nou tevrede is die spulletjie het 'gesak' to stap hy uit en sit die stok op die mik neer en sit 'n poeliesman aan.

Skaars gesit toe gaan daai poeliesman, en die maat haak vas en kap. en toe hy so kap toe tjank die brak daar op die oorkant.
 
Top