HELP!

Fanie

Sealiner
My vraag aan jou is of jy dink 'n roepstok sal werk in die Oranje vir die groot monsters daar?

Vir seker ! Wag tot jy sien hoe agressief kan 'n baber wees. Ek maak my loodkoppe op 'n sekere manier en ek roep hulle op my manier. Daar is so klein bietjie tegniek aan maar dit werk.

Ek gebruik nie 'n spesiale roepstok nie, ek gebruik 'n ligte stok met 'n vinnige aksie wat swaar lyn kan hanteer. Dit beteken die stok voel 'dood' sonder lyn soos 'n besemstok.

As ek rerig tussen struktuur ens hengel gebruik ek my bootstok met 120lb dacron op. Dit klink laf totdat jy keer op keer met 50lb or self 80lb gebreek word.

Die dacron is dikker as braid en is minder geneig om in bv hout in te sny en te byt, en gly eerder daaroor.

Re die roepery, jy moet uitvind hoe agressief die babers is as julle daar is. As hulle vinnig opskiet na die oppervlak soek jy 'n loodkop wat amper dryf. Soms bly hulle laer af en kom nie tot bo nie, en dan gebruik jy 'n lootkop wat bietjie meer sink.

Een van die grootste geheime van om die grotes te kry van die kant af is om nie jou voete bv te stamp op die grond nie, en moenie hulle sig onderskat nie. Hy mag dalk nie naby jou wil kom nie en as jy raas swem die grotes gewoonlik weg. Hulle weet gewoonlik lankal van jou voor jy weet waar hulle is.

As jy klomp bymekaar kry sal die kleintjie wat vraatsig is baie gou kom kyk. Jy kan egter so plons dat hulle nie die loodkop kry nie en kyk wanneer die groot snorbaarde opkom. Jy moet dan die loodkop versigtig maar gou bo-op sy bolip laat sak en WAP dan gryp hy hom.

Moenie viskoors kry as daai meneer sy kop uitsteek nie. Jy gaan alles verkeerd doen :-D
 

Fanie

Sealiner
As jy saam met iemand gaan maak seker julle verstaan mekaar. So rukkie terug bekruip ek so 1m geelvis wat in 'n rotspoel vroetel. My pel se appie wil toe eerste by die water kom om in te gooi. Ek wonder tot vandag toe wat de joos hy gedink het doen ek deur soos 'n mank brak op drie af te sukkel water toe :-D
 

The Owner

Senior Member
Eks nie seker nie sal vir jo kan sê as ek da gevang het, maar ek raai mens sal hard daar roep soos by bloemhof omdat di babers da groot is en most likely groot visse eet
 

bassist11

New member
Hi Guys.

Just got back from the orange, it was amazing.

Unfortunately i dont think i reached my goal of 20kg but it was still a pb for sure.

The fishing was awesome!

I caught a largemouth yellow of about 2kg on artlure

A smallmouth of about 1.3 also on artlure

lots and lots of small babers

One big baber but dont know the weight, will post a pic.

I also lost a HUGE baber that broke my broke my 0.45mm mono.
 

bassist11

New member
I apologize for the quality of the picture (people in the backround and hands in the photo) it was chaos when i brought it into the camp
 

Skuimkop

Sealiner
Sê bietjie met wat het jy hom opgeflous? En jy sê jy het hom die kamp ingevat maar ek hoop jy het ou snor weer laat gaan sodat ek hom in November weer dalk kan vang. lol.

Daai meneer se maag is lekker vet wat die skaal lekker sal laat kreun maar omdat 'n ou nie die breedte van babers se kop kan sien nie is dit moeilik om te skat maar gebaseer op daai vet pens sal ek skat dit kan dalk net 'n 20 kg wees maar ek sal sê dis 'n 18 kg. Het jy nie 'n foto wat die baber se kop breedte wys nie?
 

bassist11

New member
Nee skuimkop het hom net vinnig kamp toe gevat om die mense tewys en toe set ek hom vinnig terug::S!

Jamer het nie n foto wat sy breedte wys nie.

Ek het hom op n heel muddie van so 500gram gekry

En skuimkop ek wou net baie dankie teen jou se want jou posts het my baie gehelp!
 

Skuimkop

Sealiner
As dit gehelp het is daar nie pynne nie. Nou is dit natuurlik volgende keer daai groot een wat weg gekom het se beurt. lol  :wfish
 

bassist11

New member
What worked the best was a sliding trace like in pic 1 on the first page.

All of the babers were caught on 8/0 circles.

I went big with the sinkers (100 grams)
Dont be scared to get in the water to check were it gets deep because most of our big babers were caught in a channel we found
 

Skuimkop

Sealiner
caught in a channel we found
Aaah the big boyz love these channels and/or old river beds and no surprise there that you caught that big boy at night altough it looks still early judging by the amount of onlookers. Maybe just after sun set?
 

bassist11

New member
If i remember correctly the run came at about 7 pm.
Casted the bait out at about 4 pm.
I was really suprised about the amount of small baber (1-3kg) that we caught even on biggish baits, if you throw a small fish head you would have a 2kg baber on the end of your line in a matter minutes
 

Koper

Senior Member
Hi, if I may asked were was this caught, looks like it's close to Vioolsdrift (just west) by one of the river camps?
 

Fanie

Sealiner
I apologize for the quality of the picture (people in the backround and hands in the photo) it was chaos when i brought it into the camp
Awww, that's fine, at least it's girls in the background, kinda like the chorus of a song.

Makes me wonder now. Did they come to see the fish or did they come to see YOU :-o
Bad thing if they came to see the fish eh :-D

Well done on the yellows on lures. Next time do catch the babers on lures too. You can catch them at night since they go after the sound, a lot of fun because you cannot see the bugger, you just feel it take off all of a sudden.

Of course if in rapids it won't work so well.
 

Fanie

Sealiner
Daai baber is in 'n pragtige kondisie en mooi in proporsie. As ek moet skat dan sou ek se 18 - 20kg. Mens kan sien aan die stomp bolip wat dik begin word.

Mens doen nie altyd alles die eerste keer reg nie, volgende keer kry jy daai groooot een. Onthou hulle word nie verniet do groot nie, slim en baie sterk. Baie geluk, dis 'n uitstekende begin.



Die in die 25kg en groter begin sulke bulte op en agter die kop te ontwikkel en die kop is nie meer plat nie, die kop word meer rond. Grootste wat ek gesien het se kop was seker so 500mm diameter sonder om te oordryf. Sou wat wou gee om hom aan my lyn te kry. Bloemhof dam.
 

Fanie

Sealiner
Net so terloops, mens kan sien die babers was nog nie besig om te broei nie. Wanneer die broeiery begin kan jy verwag om bytmerke van ander babers aan hulle lywe te sien.

Dis nogal indrukwekkend as jy 'n 'groot' baber vang en hy het 'n massiewe bytmerk aan die lyf, jy kan die bo en onderkant van die bytplek aan die lyf sien.

Die babers se gevryery vind in die vlak water plaas, en hulle gaan soms nogal woes aan die spartel. Dit mag heel moontlik die gebytery wees wat die gespartel afgee.



Bassist11, ek sien jy's in Pretoria. As jy in my omgewing kom val gerus in dan wys ek jou hoe om baber loodkoppe te maak wat werk.
 
Top