Ek het twee 13 voet RB's aangeskaf om daai ekstra afstande te kry. Maar ek gooi die lyn af, want hy krul om die eerste ogie met die cast slag. Partykeer n ander ogie, maar meestal die eerste een.
As ek nie die lyn afgooi nie, dan kom die lyn uit die water uit met n kraaines net agter die leader knoop. En dis nie dat ek altyd hard wil cast nie, die een het sommer gesnap toe ek op 60meter hengel.
Ek het vir Leon/Rampokker gebel na saterdag se klub komp lekker gatvol vir die RB's. Hy reken dit kan die lyn wees (Double x 5lbs hi viz) en my cast aksie. So ek gaan die cast aksie probeer verfyn en die lyn verander om te kyk of daar n verskil gaan wees. Die probleem sal seker so nou en dan weer inkruip, maar dan sal dit bloot n cast aksie fout aan my kant wees.
So dit help nie altyd n ou het die tools, maar jy kan dit nie gebruik as jy nie die skills het nie. Enige een met dieselfde probleem?