Dooringdraai Dam

Tigernuts

New member
Ek en die ander helfde van my gaan vir 6 dae na die dam toe. Was verlede jaar by die dam saam ander spesie hengelaars.

Ek gaan nie na die groepskamp toe nie en dink daar aan om by Sering kamp op teslaan.

Is daar dalk enige iemand wat my meer inligting kan gee oor die kamp? Aangaande die destansie om te hengel is ek ook ingerig so sou jul so gaaf wees om te help met die afstand so ook die diepte sal ek dit baie wardeer. Sal wel my eerste keer wees by die kamp.

Baie dankie en hoop om van jul te hoor.

TN:wfish Louwtjie
 

MadCarper

Sealiner
Ek het vis gekry by Sering op so +-250m in 20ft water... baie ouens se die diepte is n feature op sy eie, en 20ft is n goeie diepte vir sukses daar...

Tigernuts, stuur n PM aan JohannM op hierdie forum. Hy behoort jou te kan help met info oor daardie spot, en was al baie daar.

Sterkte!
 

MadCarper

Sealiner
PEETO, daar is net baie "rustic" longdrops...weet nie of hulle intussen ablusie blok gebou het nie. So beste is, vat als saam, vars water ens...
 

deisel

Sealiner
vat n graaf saam, grou gat, daai kak huise is vuil vuil vuil en stink,, miskein in die winter is dit beitjie beter maar in somer is dit maar n ander storie
 

CHRISM

New member
Hi,

 

Can anyone help with contact numbers for DD, also wana mission there. Thanks in advance.
 

Tigernuts

New member
Geriewe pla my nie veel nie. Ek neem so 250lt water saam,diepvries en dan die portpotie. Genoeg gas en batterye en neem ook die gennie saam wat ek van gebruik sal maak by die hek om batterye te charge wat gereel is. Geen geraas in my kamp nie.

Ek het my vorige hengel sessie in 5ft water gehengel met die een stok en het 'n mooi karp geland en die ander stok was in 2-3ft water wat net so mooi vis gelewer het maar nog nie my PB nie. Hoop om die PB van 2004 te breek die jaar. As dit die Here se wil is glo ek dat ek die een bo 15.8kg sal kry.
 

kaboem

Sealiner
Met daai attitude gaan jy jou PB smash.... En jy maak staat op die Regte MAN om jou te help om jou doelwitte te beryk.

 

Sterkte!!! Kom post vir ons n 40lb thread as jy terug kom.;)

Met n paar prag fotos.
 

siocnarf

New member
Tigernuts

Onthou net dat daar 'n groot verskil is tussen die groepkamp en sering. By sering moet jy maar diep hengel en soek vir water tusen 20 en 30 voet en selfs dieper sal nie verkeerd wees nie.

In 5 voet water by sering is jou kanse maar skraal.

As jy rondry met die fishfinder sal jy gou agterkom op water diepte die vis gemaklik is.

'n Generator in die kamp om batterye te laai is ook ok. Onthou jy gaan op 250 - 400 meter hengel en as jy jou gennie hier gedurende 11 uur tot 2 uur gebruik gaan dit beslis nie 'n verskil maak nie. Sit die gennie in jou treiler of agter in jou bakkie.

Ek het by Rietvlei my gennie in my treiler laat loop sodat my elektriese kombers my kon warm hou en ek het steeds vis gevang. Lig in jou kamp het 'n baie groter invloed veral as jy baie tussen die ligbron en die water beweeg en dus die ligstraal die heeltyd breek.
 
Moenie Martin Louw Baits se Tigernut en Chocolate system by die huis los nie, die SA rekord van 65lb is by Doorndraai gevang daarop! :) You never know hey...
 

Tigernuts

New member
Op wie anders kan mens vertrou om doelwitte te bereik.

Ek glo dat ek redelik wel sal vaar met jul hulp. Ja ek sal al jul raad toepas en volg soos wat jul se. Glo dat ongeag die afgebreekte lyne ens nog steeds vis sal land.

Aangaande die ligte in die kamp, ek maak gebruik net van kop lampies en die woonwa se ligte word nie gebruik nie. Het sy battery ingespan vir die boot.lmga

Gennie. Wel ek sal maar sien hoegemaak met hom, wel ek glo dat hy by die hek sal hardloop. Nie dat hy hard loop nie maar nog steeds wil ek nie dat hy my hengel tyd belemmer nie.

Foto's sal ek genoeg laai, bygese as die vis ook genoeg gaan uitkom. Maar om die sonsopkoms met 'n koppie koffie te beskou is seker maar een van ons mooiste sketse uit die natuur.
 

Tigernuts

New member
Kyk baie keer is woorde meer as dade. Maar ja met vertroue en die regte benadering en voorbereiding sal dit 'n sukses wees.

Huiswerk word deeglik gedoen om dit 'n goeie trip te maak en my foon rekening is ook die hoogtes in omrede ek alle moontlike ouens skakel wat kennis dra van die dam.lol

Vertrou dat dit 'n suksesvolle sessie sal wees.
 

kaboem

Sealiner
As die voorbereiding en al die preparing gedoen is, dan is daar net een ding oor om te doen. En dis die lekkerste deel van alles, die prakties.... lol

Weet jy Louwtjie ek se dit altyd en jy kan maar die manne vra wat al saam my gehengel het, die sport is n luxuary en ons is baie bevooreg om dit te kan beoefen. Kyk daar is altyd die element van jou eie persoonlike doelwit wat lang die water wil bereik word.... Maar dit gaan ook nie net oor hoeveel vis jy kan land nie.. Dis net n bonus as jy n paar vis land.

Atleast is jy daar langs die water, jy het kos om te eet n lemonadetjie om aan te slurp en moeder natuur om jou om te bewonder.... Soos ek gese het ons is baie bevooreg en ons as hengelaars moet dit altyd onthou en ons voete op die grond hou...

As jy die al die harde werk ingesit het sal jy die vrugte daarvan pluk en ek glo jy sal beloon word met n paar beuties. 

Sterkte en onthou om ons fotos te kom wys!!!:wfish 

 
 
Top