Barbel fishing 101

michael grey

New member
Hi can someone give me all the information about barbel fishing there is to know eg.rods,lines,reels,lures and techniques please......^^..
 

Skuimkop

Sealiner
Eish Michael baber hengel kan lekker gekompliseerd raak en die gear wat die ouens gebruik strek oor 'n helse spektrum en daar is te veel info om sommer net so in een go te gee en weereens hang dit ook van die hengelaar self af watse gear ens hy wil gebruik of nie wil gebruik nie.

Die meeste ouens gebruik hulle karp toerusting om babers te vang en dis voldoende maar as jy vir die grootter babers gaan sal ek aanbeveel jy kry vir jou baber gear.
 
Ek sien jy vlieg en kunsaas hengel so ek sal maar daar vir jou begin. Jy kry 'n spesiale baberstok wat hulle 'n roepstok noem. Jy gebruik maar 'n baitcaster of centrepin tipe katrolletjies met 'n baie sterk briek sisteem (ten minste 8 lbs +) en fris braid (80 lbs +) met lood koppies om die babers mee te 'roep' en te vang. Dit klink soos overkill maar die babers vat die loodkoppie vreeslik aggresief en daarvoor die sterk lyn en katrol briek sisteem. Die lyn hardloop binne in die roepstok wat dus nie oggies het nie (sodat jou lyn nie verstrengel raak op die laaste oogie nie) en jy klop en roer met die loodkoppie en visstok punt op die water oppervlak en die babers kom kyk dan wat aangaan en gryp dan jou loodkoppie. Jy probeer maar 'n voël of iets wat in die water geval het naboots.

Vir lures is rattle traps my gunsteling vir die snorre maar hulle sal ook die ander lures en spinners gryp. Die eienaar (Ivan Sinclair 076 2039870) van die tented camp daar onder die Gariep damwal langs die Oranje rivier looi die babers daar met die vlieg in daai stukkie kunsaas hengel paradys. Volgens my die beste in SA. Bel hom bietjie en vra hom bietjie uit, bv watse tipes hy gebruik ens.

As jy nog vrae het moet jy maar gooi ons sal help waar ons kan.

Ek las vir jou 'n foto van Bernard Venter se 18 kg baber wat hy met 'n loodkoppie by die onlangse Bloemhof Bonaza gevang het dat jy 'n idee kry van wat jy kan vang met dit.
 

Attachments

  • Bernard Baber 18 kg.jpg
    Bernard Baber 18 kg.jpg
    54 KB · Views: 283

Skuimkop

Sealiner
Gaan kyk bietjie by die link:

http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=39134&forum_id=64

Pm vir Bernard Venter sy Alias hier op Sealine is Droomvanger en vra hom, ek het my stok deur hom gekoop. Jy kry die stokke nie in winkels te koop nie maar slegs op spesiale bestelling. Skree as jy nie regkom nie.
 

Skuimkop

Sealiner
Vir loodkoppies van gehalte e-mail Chris du Preez by chrisdp@lantic.net want die loodkoppies wat jy in die winkels koop buig oop ens. Chris maak sy loodkoppies met Mustad hoeke en het twee 'patrone' in twee groottes vir babers en dan het hy ook Karp loopkoppies. Op daai link hierbo is daar 'n image van 'n baie soortgelyke loodkop as wat Chris maak.
 

Skuimkop

Sealiner
Weet nie of hy van Witbank is nie maar ek weet hy is nie hier van die Kaap nie. Ek het daai tyd sommer 60 loodkoppies by hom gekoop omdat hy dit vir my moes courier.
 
Top