Fishing Expedition (SSEC:WC)

Marthin

Sealiner
Was baie lekker.

Mobi thanx vir die Kasteeltjies. En om alles te kroon na n perfekte dag.... Bulls weer bo waar hulle hoort.
 

DJP

Sealiner
killer strepie wrote:
DJP wrote:
Lol...was vrek leke dag, daai gallie van my het lekker gebox op die ligter stokkie, en die toestande was mooi net jammer ek moes vroeg waai...

Daai krewels was nogal 'n jamerte...ek meen watse tiepe mens steel iemand anders se krewels...ai ai ai...payback is 'n strand...

Volgende keer sal ek seker amptelik deel neem, maar ek weet darm nie van die trug gooi besigheid nie...sal maar sien...
....en jy is mos eintlik n groen mannetjie
Ek is dalk groen maar ek is nie onredelik nie, na 'n dag se hengel is die soetste smaak van oorwinning darm nog 'n mooi galjoen op die braai! Al wat dit beteken is dat ek maar net meer moet vang sodat ek punte ook sal kan bymekaar maak:fswim
 
Mangi wrote:
2.  Marthin se tweede vangs:  Is dit nie hoekal hy wat gesê het dat 'n 100 punte afgetrek gaan word vir elke een van hierdie wat jy vang nie............
.....hahahaha, Melkbos kabeljoue tel nie in Valsbaai nie, ***corsa*** daai is n groot 40 dd wat jy gevang het.lol
 

BOSKABELJOU

New member
Manne ek moet jammer se ek was saterdag so verdiep in my hunters dat ek vergeet het om die wenners geluk te wens, so hannes,galjoen,killer en meesterbeer veelsgeluk met die visse en moenie worry nie ek kry sommer vir myself n strafdop. Hannes onthou as n ou te lank met jou trofee onder jou kussing slaap gaan jou nek styf word. Saterdag was seker een van die lekkerste komps nog, aan almal wat daar was dankie dit was great.
 

BOSKABELJOU

New member
kaspaas wrote:
Marthin wrote:
Was baie lekker.

Mobi thanx vir die Kasteeltjies. En om alles te kroon na n perfekte dag.... Bulls weer bo waar hulle hoort.
::S::S::S::S::S:first:first:first:first:first Op die BLOOOOOU!!!!
Kaspaas jy en marthin moet nou nie n lekker site omkrap met julle krete van blou nie asb. Julle weet mos daar is net een blou en dis definitief nie daai babablou van julle nie, is meer n donker blou met wit strepe in
 

Hannes101

Sealiner
Nog 'n suskesvolle comp deur die SSEC-WC... whoop whoop..
Enigste probleem wat ek het is die club is besig om my vrieskas leeg te hou .lol.het al vergeet hoe proe 'n gallie.
 

kaspaas

Sealiner
roland wrote:
nice manne. wens ons het so iets hier gehad lol

So wat is fout met julle Sealiners in jou geweste? Dit vat net een of twee gewillige manne om so-iets te begin. Ons het hier innie Kaap reeds die "vuil werk" gedoen om 'n gepaste konstitusie en reels op te stel wat Sealine se goedkeuring wegdra. Ons kan dit aan julle beskikbaar stel. Die res kom letterlik outomaties.

Ons het aanvanklik maar met rukke en stote gegaan maar na sowat 10 maande is dit besig om progressief beter te gaan. Waar ons aanvanklik verskeie belangstellendes en selfs lede langs die pad verloor het, het daar die afgelope tyd verskeie nuwe lede aangesluit en is die tekens daar dat sommige van die "verlores" dit sterk oorweeg om maar weer terug te keer.

Dus, ek herhaal my vraag.... wat verhoed jou om die inisiatief te neem om paar van die ander local Sealiners saam te trek en ook so-iets te begin? Damn, ek dink al klaar aan daai moontlike Annual inter-Sealine Derby.... he he

 
 

kaspaas

Sealiner
Strepie wrote:
Rooies101 - Een Release & Fillet sal nou seker nie skade doen nie.....LOL

Maak soos Marthin, hy hou die eerste een (of twee?) vir die pan...

In my geval is ek so blerrie ver onder op die punte bord dat een of twee non-released vissies nou nie eintlik iets aan my punte welstand sal doen nie... he he
 

kaspaas

Sealiner
BOSKABELJOU wrote:
Manne ek moet jammer se ek was saterdag so verdiep in my hunters dat ek vergeet het om die wenners geluk te wens, so hannes,galjoen,killer en meesterbeer veelsgeluk met die visse en moenie worry nie ek kry sommer vir myself n strafdop. Hannes onthou as n ou te lank met jou trofee onder jou kussing slaap gaan jou nek styf word. Saterdag was seker een van die lekkerste komps nog, aan almal wat daar was dankie dit was great.
Ek wonner steeds wie die skarminkel was wat na bewering sy hengelmaat se krewels "geneem" het... he he
 

alwyn

Senior Member
BOSKABELJOU wrote:
Manne ek moet jammer se ek was saterdag so verdiep in my hunters dat ek vergeet het om die wenners geluk te wens, so hannes,galjoen,killer en meesterbeer veelsgeluk met die visse en moenie worry nie ek kry sommer vir myself n strafdop. Hannes onthou as n ou te lank met jou trofee onder jou kussing slaap gaan jou nek styf word. Saterdag was seker een van die lekkerste komps nog, aan almal wat daar was dankie dit was great.
Solank dit net sy nek is wat styf word.:::SEn waar kom al die bulls supporters vandaan wat ek die afgelope 10 jr in die kaap bespeur, is dit Pretoria vlugtelinge of volksveraaiers
:fbash
 
kaspaas wrote:
roland wrote:
nice manne. wens ons het so iets hier gehad lol

So wat is fout met julle Sealiners in jou geweste? Dit vat net een of twee gewillige manne om so-iets te begin. Ons het hier innie Kaap reeds die "vuil werk" gedoen om 'n gepaste konstitusie en reels op te stel wat Sealine se goedkeuring wegdra. Ons kan dit aan julle beskikbaar stel. Die res kom letterlik outomaties.

Ons het aanvanklik maar met rukke en stote gegaan maar na sowat 10 maande is dit besig om progressief beter te gaan. Waar ons aanvanklik verskeie belangstellendes en selfs lede langs die pad verloor het, het daar die afgelope tyd verskeie nuwe lede aangesluit en is die tekens daar dat sommige van die "verlores" dit sterk oorweeg om maar weer terug te keer.

Dus, ek herhaal my vraag.... wat verhoed jou om die inisiatief te neem om paar van die ander local Sealiners saam te trek en ook so-iets te begin? Damn, ek dink al klaar aan daai moontlike Annual inter-Sealine Derby.... he he

 
...en sal dit nie interressant wees nie.
 

JasonF

Sealiner
alwyn wrote:
BOSKABELJOU wrote:
Manne ek moet jammer se ek was saterdag so verdiep in my hunters dat ek vergeet het om die wenners geluk te wens, so hannes,galjoen,killer en meesterbeer veelsgeluk met die visse en moenie worry nie ek kry sommer vir myself n strafdop. Hannes onthou as n ou te lank met jou trofee onder jou kussing slaap gaan jou nek styf word. Saterdag was seker een van die lekkerste komps nog, aan almal wat daar was dankie dit was great.
Solank dit net sy nek is wat styf word.:::SEn waar kom al die bulls supporters vandaan wat ek die afgelope 10 jr in die kaap bespeur, is dit Pretoria vlugtelinge of volksveraaiers
:fbash

Marthin & Hannes101 - kan ek verstaan. Hulle is mal

Strepie - Is eintlik n Cheetah maar hy wil dit nie erken nie. (Ek sou ook nie)

Kaspaas - Hy is vergewe. Dis die ouderdom

 

 
 

Marthin

Sealiner
Die kaap is propvol rugby liefhebbers... so toe het ons rugby kenners nou maar gekom om lig te bring aan die menigte...

Kyk net watse verandering een bul en een lion aan n span maak.......

Soos Darren gisteraand se dit lyk of iemand uiteindelik die plugs aangeskakel het.


Sover Catch en Release...

Die punte stelsel is van die begin af so uitgewerk dat jy baie punte kan kry as jy n groot vis release, maar dat jy nie so baie verloor as jy n net size vissie hou nie.

Eerste vissie gaan boks toe vir Edward.... en toe die 2de perd net size is... ag toe kry die anner een n maatjie... hy sal vanaand pakslae kry nes die sharks... min of meer dieselfde tyd ook.
 
Top