sa's senior c te allemanskraal

LeonK

New member
Op aandrang van my klubmaat  JustPlainShark het ek die report oor ons SA's hier kom post.

Manne as julle wil tempo hengel, bly weg van die dam af, maar as julle mooi visse wil vang is die die dam wat julle moet besoek.

1) baie geluk aan die Sentraal Gauteng span wat die die 1ste plek weggestap het. Baie mooi gefish manne.
2) n groot dank aan die Vrystaat manne vir al die organisasie en n onvergeetlike SA's. Hierdie was my 4de SA's en ek was nog nie op n beter een nie.
3) baie geluk aan al die manne wat uitnodiging gekry gekry het.

Maar die belangrikste dankie gaan aan my span. Manne dit was close en met so bietjie geluk aan ons kant kon ons die Sentraal manne gevang het. Ek dink hulle broekies bewe nou nog van worry na daai laaste dag.
Op die laaste dag het Gauteng gefish soos n besete span maar kon net net nie daarin slaag om Sentraal Gauteng in te haal nie. Ons het n agterstand van oor die 40 punte uitgewis in een dag so julle kan maar vir julself somme maak.
Vir my was dit so bietjie bad luck want ek het uitnodiging gemis met n paar punte. Hoekom ek se bad luck - na dag 2 het ek 31 punte op die bord gehad met n 2de en 5de plek in die soneS. Ek het net n 10de plek nodig gehad maar soos dit maar met hengel gaan kon ek net een van my 4 visse vir die dag uitkry. die res, die busse soos ons hulle noem, het almal snags gaan opsoek. Dit terwyl my penmaat se visse almal mooi gehoorsaam uitgekom het. Dis maar soos hengel gaan ne!

Uitslae:
Dag 1:
1ste - Sentraal Gauteng
2de - NOM
3de - States
4de - Gauteng <----dis nou ek en my bende

Dag 2:
1ste - Sentraal Gauteng
2de - NOM
3de - Gauteng
4de - States

Dag 3:
1ste - Sentraal Gauteng
2de - Gauteng
3de - States
4de - MUP


Aan die NOM manne, julle was baie baie naby aan n upset en ek dink almal kan julle n klop op die skouer gee. Julle het net nodig gehad dat die visse vir julle op die laaste dag saamwerk.

Ek het ongelukkig nie die punte nie maar kan dit kry as iemand dit rerig nodig het.
 
Thanx Leon,
jy is maar kripties met die ase, afstand, tegniek en 'styl' van die dam. :)
Het Boet jou al gebel? Die klub komp is geskuif na die 10de April want die ouens wil paas naweek weg gaan. Ek gaan dit nie die 10de maak nie, want ons gaan J-bay toe vir di nationals.
Sien jou by die water
 

LeonK

New member
coco as daar maar net n aas was wat konstant gewerk het vir almal. wat vir my gewerk het, het weer nie vir n ander ou gewerk nie. dis n baie snaakse dam en ase het van sone tot sone verskil. maar as jy nie wurms gehad het nie was jy in die moeilikheid.

die ander probleem van die dam is dat as jy nie voor 10am n vis in die net gehad het nie, dan moes jy baie baie hard werk om die res van die dag n vis te kry. n nog groter probleem is al die hakplekke. a-c sone is oraait wat hakplekke aanbetref maar sodra jy na die d-f sones toe gaan, dan het die probleme begin. d-f sones is aan die anderkant van die dam.

ek het in die oggende een stok op 45m gehengel en die ander een op 60m. na 10am het ek die 45m stok geskuif na 60m en die 60m stok geskuif na 80m. jy kon kolgooi tot jou sinker bo die water uitsteek, dit het nie gehelp nie.

op die onderste hoek het ek n bossie wurms gesit en die boonste hoek net n wurm. ek het op al2 stokke so gehengel.

stok 1: bol - Q35/lootie/devilsfork - skud bossie wurms in "bloedrooi" poeier en    enkele wurm in groen floro.

stok 2: bol - musk molasse/q35/red activator - doen dieselfde met die wurms.

sodra dit stil raak - hou steeds die wurms. spuit een kant van die bol met red activator en die anderkant van die bol met yellow activator.

ek het soms ook na 10am een stok so op 150-160m gehengel. pos en los. ek was soms gelukkig en het so n vis gekry terwyl die ouens wat nogsteeds kol geggoi het niks gekry nie. die 1ste dag het ek 2 mooi visse daar binne gaan haal. as ek diep gehengel het, het ek die volgende gedoen:-

spuit een kant van die bol met red activator - die anderkant het ek has been in die bol ingevryf - ek het die hele bol dan toegemaak met rooi fx en alles saam ingevryf. bo oor dit het ek n druppel dynamite gesit. op die hoeke het ek slangwurms gesit wat ek teen die lyn opgeryg het. dit moet lyk soos n bass rig as die manne met n wurm hengel. so natuurlik as moontlik. een wurm het ek in cine1 gedip en dan in bloedrooi poeier geskud. die stok het gewoonlik so tussen 1:30min - 3ure gele.

vir die langlyne het ek met n lang bottom gehengel maar andersins het ek gly rietvlei gebruik met n M00 vroeg in die oggende en later n M0.

dis hoe ek oor al3 my dae gehengel het.:fishn

 
 

LeonK

New member
coco ja hy het. ons het nog elke keer oor n langnaweek gehengel en die pantoffel regering het so bietjie begin lippies styfmaak oor dit.

ons proewe is oor n langnaweek so ook die klub komp. gelukkig vir my het hy dit geskuif, maar ongelukkig vir jou.
sien jou by die volgende komp en sterkte met die nasionals.
 
Klink na ñ baie moedswillige dam! Ek sal maar sukkel daar as ek al daai dips moet op sit en so 'grof' (activator, hasbeen, fx EN dynamite). Ek is n fyn ou (NEE, ni "daai" fyn nie!!) en sit min dip op die bol en op die meeste 2 verskillende soorte. As ek na 3 toe gaan, dan raak ek ongemaklik.
Thanx vir di gr8 post en dat jy my nagging beantwoord het :).
PS, jy sê d-f was aan die ander kant van die dam. Bedoel jy letterlik aan die anderkantste oewer / oorkant a-c?
 

Enigma

Moderator
Thanks for the report.

Was much the same when the juniors toured there in September last year. Average bag was 4-6 fish and hard work to get fish.

We fished a National trials there a few years back in good weather with the dam a lot lower than it is now. We fished a good tempo

We also started at 65m then 85m then 105m then 135m as the fish went out but we were lucky with bags of 25-35 fish at almost a kg a fish.

Where did NOM end at the end of the day? They slipped up badly this year, no medals in the A sides, 2nd to our B side in B Nationals and WHERE in the C Nationals.

If you guys felt bad about your fishing just imagine how the guys at Klipdrift felt. The overall winner had 8 fish over 3 days, Dewalt of GP had 7 fish and took 4th and Smitty from Champion dips 9 fish taking 5th spot and to make it worse more than 50% of the anglers blanked each day. Fishing distance 175m+ pos and los with a mieliepip on the hook.
 
Holy crap! I know they fished opposite DeBuys at Lakeview Resort (I think thats the name). I dont think safbaf will take a team there soon/again!
I spoke to a mate of mine today who went out with a friend on his boat there two weeks back. He said that on the fishfinder the area at the inflow made the finder go off like an one-arm-bandit with the amount of fish there. The area will be to the far right of DeBUYS. At 80m from the bank, the water was 3m deep. At the area usually pegged for the leagues/comps, the water depth averaged 1.5m at about 100m. He said the deepest point was at the dam wall at a depth of 6m. He also said that the floor of the dam is uneven with 'holes' all over. These holes always held the fish according to the fish finder.
What i've heard is that Lakeview is very shallow with a lot of silt on the bottom (some dude dived there to salvage a boat that sunk).
 

Enigma

Moderator
That's exactly why the guys fishing at 175m plus with a lot of patience were the ones who got the fish.

National trials are at Klipdrift this year and although Marus and I finished in the top 10 again this year we opted to give the trials as Klipdrift a miss instead of fishing ourselves into frustration

We're anyways preparing for the Carp Nationals in Bloemhof, our target is to go over 1500kg in 72 hours
 
I still love Klipdrift even if it makes me frustrated at times. But if I ever get invited to a National trials and its held at Lakeview, THEN I will also give it a miss.
PS, what size were the fish that were caught?
 
I might be busy with my Malema-maths again, but 1500kg in 72hrs works out to roughly 20kgs/hr. That means a 5kg fish every 15mins. Or if its less than a 5kg fish, then a fish more often than every 15mins. Your going to be dead on your feet at the end then!!
Whats the minimum weight for a carp these days?
 

Enigma

Moderator
Example of how it worked for us when we caught 1200kg in 63 hours (storm delay 3rd night)

1st 24 hours - total of 122kg

2nd 24 hours - 310kg = total of 432kg

3 session 15 hours - 767kg

Our average fish was 2.89kg and in the last session the officials weighed our bags every 2 hours and we had weigh in 's going between 80-146kg per 2 hours (excluding barble - they count for squat)

This is when you have to fish like a machine without making mistakes.

We ended 2nd on that comp, how's this?

Winner - Louwtjie Louwies and Gilbert Foxcroft 1195.2kg and Marius and I 1194.8kg

Minimum fish weight is 1.5kg to count but if you feed right the bigger fish push the small ones off, in the last 15 hours our fish probably averaged close to 4.5kg a fish and up to 7kg

Sorry for the Hi-jack - completely different fishing
 

LeonK

New member
ek kry sommer hoendervleis as ek dink dat ons volgende provinsiale proewe of by klipdrift, of by bloemhof gaan wees. dit nogals diep in April in wanneer die seisoen begin draai. laasjaar het klipdrift my baie goed behandel op die proewe maar n man wil graag n bietjie tempo hengel ook. ek was vir die volgende week seer op plekke wat ek nie geweet het ek het nie soos ek moes blaaie oopmaak vir afstand. Jy MOET kan gooi om by klipdrift op moeilike dae vis te kry.
Enigma NOM het 8ste geeindig terwyl hulle bure, MPU, op die laaste dag van 8ste plek af opgeskuif het na 4de plek.
 

LeonK

New member
coco nie te goed nie maar ek is tevrede. ek kan net nie verstaan hoekom hulle daai gedeelte in die sloep vir die mans pen nie. dit gee daai ouens wat daar n pen trek n onregverdige voordeel. pen eerder daai gedeelte vir die penkoppe.
wat ek hiermee bedoel is dat almal van ons op die res van die oewer gesukkel het behalwe die ouens in die sloep. waar ons gedraai het met 2-3 vis, het hulle gedraai met 5-6 vis. in die 2 de helfde gaan dinge altyd n bietjie moeiliker maar die ouens wat in die sloep gesit het, het dit dan n bietjie makliker want hulle het klaar n 4-5 vis voordeel. en ek is nie suurdruiwe nie maar ek dink nie dis regverdig nie.

ek het een stok op 45m en die ander een op 60m gehengel.
binne 15 min nadat ek lyne ingegooi het, het ek n karp van 1.5kg gekry op die 45m stok. vandaar af was dit n gesukkel.
my volgende vis het ek eers 10am gekry.
ek het gedraai met 2 mooi vis wat my op daai stadium n moontlike 3plek in die sone sou gee.
na die draai het ek darem nog 13 vis gekry waarvan net 6 geweeg het.
ek het die dag geeindig met 8 vis vir net oor die 5kg. ek het nie gekyk waar het ek in die sone geeindig het nie maar ek is tevrede.
aas was weer my ou staatmaker - lootie,q35,devilsfork en die ander kombinasie wat gewerk het was wintergreen wat ek saam met n mengsel van sevenster74, ebony en molasse gegooi het.
 
Ek verstaan ook ni hoe di nette met mekaar vergelyk word per sone ni (aan di einde van di dag). Bv. Die ouens in di sloep word opgeweeg teen iemand wat bv glad nie n sloep pen getrek het vir enige van sy 2 sessies nie. Ek verstaan as di oewer regverdig is. Wat van as n hengelaar 2 sloep penne trek en ek wat geblank het op n pen buite di sloep kom sit dan daar. Is dit maar my bad luck vir die dag? Ek weet dit sal te veel tyd vat, maar n inweeg na di 1ste sessie (met j punte klaar uit gewerk vir daardie sone) en dan n inweeg met die 2de sessie waar jy weer met n leë net begin klink meer regverdig. Maw, jou 2 PUNTE TOTALE word saam getel vir di dag en nie jou 2 VIS+GEWIG TOTALE nie. Hoop dit maak sin.
 
Top